Soos ons al vertel het, is daar ook Vrydagaande Kindergroep by die Afrikaanse kerk. Die kerk het vir ons 'n baie goeie klankstelsel aangekoop en met die gebruik van ons projektor, kon ons die DVD's lekker op die muur gooi. Maar verlede Vrydag het die ding heeltemal gedood en moes ons inderhaas 'n plan B in werking stel.

So vanaand het ons die nuwe TV/DVD speler getoets en kon lekker saam met Rob Biagi (ons gebruik meeste van sy musiek - dis great), sing en dans.

Die nagmaal tafel was gereed want vanaand handel ons les oor o.a. oor Nagmaal.


Ons hoop dat met die skole wat volgende week almal begin het en hopelik die wêreldbeker rugby wat nie 'n te groot invloed sal hê nie, dat ons sommer baie meer kinders hier sal hê.
No comments:
Post a Comment