Ons groepie by die Afrikaanse kerk was vanaand maar baie klein en miskien het die wêreldbeker iets hiermee te doen. Maar hierdie groepie is nog in die baie begin stadium en ons het elke week ander kinders. Aan entoesiasme het dit egter nie ontbreek nie.Sommer baie gou het hulle saam gesing en dans
Nelmari en Charmaine sing "You're a V-I-P for G-O-D"
Dan is dit tyd vir ons storie en ons hoor van Jesus se kruisiging. Hierdie groepie was vanaand werklik 'n uitdaging en Charmaine moes haar storie ken. Selfs die slides is ontleed.
Daarna maak ons kruise van vingerbeskuitjies en liquorice. Lyk asof Jonathan en Carmen nie eers wil wag vir die kruise om klaar te wees nie, hulle proe sommer dadelik.
Oom Johan help vir Rico om die kruis stewig vas te maak.
Voor ons klaar maak, maak elke kind vir Jesus 'n kaartjie om dankie te sê dat Hy vir ons sonde aan die kruis gesterf het.

No comments:
Post a Comment