Wednesday, October 17, 2007

Beyond Words Konferensie

Dis nie net ons kinders wat leer nie. Die afgelope Eid lang naweek (12 - 15 Oktober) het ek en Charmaine 'n konferensie vir Jeugwerkers in Dubai bygewoon. Die Afrikaanse kerk het ons gestuur en saam met 10 van ECC was ons altesaam 280 kursusgangers

Ons beplan 'n volledige terugvoer waar ander jeugwerkers ook kan sien wat ons gedoen het, maar eers net 'n kort oorsig. Daar was clowning, drama, storievertel, buikspraak, storievertel, keep fit, puppets en toertjies waaruit ons kon kies. Al hierdie onderwerpe was daarop gemik ... hoe kan ons die kinders op 'n interessante manier van God en die Bybel leer.Ons kon altwee drie onderwerpe bywoon.
Charmaine het die clowning gedoen en daarvan sal sy ons nog vertel. Indien sy nie ALLES vertel nie, is ek gereed met 'n paar foto's van haar en haar kunsies.....
Ons het ook kulkunsies geleer waarmee ons hopelik die kinders en veral die tieners sal probeer beindruk en so ook Bybelstories leer. Wees voorberei op 'n groot verrassing ouens ... of miskien nie.Hoe om stories te vertel met bewegings, aksies, rolspel, stemverandering, ens. ens. was 'n groot treffer en die man was uitstekend. Ons sal dat die kleintjies self luister om te sien of ons goed geleer het.Ander vaardighede wat ons geleer het was oa drama, fiksheid en hi-tech, wat ons alles hoop om op een of ander manier in ons kinders terug te ploeg.
Hier is Janie van ECC met haar muis "puppet". Die sessies wat ons nie bygewoon het nie, was bygewoon deur die ECC leiers en eerskomende Saterdag kom almal bymekaar sodat ons kan inligting en raad uitruil met mekaar sodat ons kinders 100% kan baat by wat ons geleer het.
Hier is ons groep onder in die kerk besig om kaartjies te teken vir die aanbieders. Dit was 'n heerlike, uitputtende konferensie waarvan ons julle volgende week volledig sal inlig.

Indien enige iemand die terugvoeringsessie Saterdag tussen 9 - 12 by my huis wil bywoon, kontak my vir meer inligting!!

1 comment:

Anonymous said...

haai julle, die konferensie lyk great, wag net om te sien wat my ma aangevang het daar Tannie Sandra? Groete liefde Elriza