Na al die opwinding van Eid vakansiedae en rugbywedstryde behoort ons dae weer terug te keer na normaal toe. Neem asseblief kennis van die volgende:
Nuus
Met ons laaste byeenkoms het meer van ons kinders die versies geleer en ons sĂȘ dankie vir ons ouers en julle betrokkenheid by julle kinders. Die kinders kan nie die versies leer as u nie die inligting vir hulle deurgee nie. En ouers laat hulle so af en toe loer na die foto's op die blog ook. Julle sal ons "sterre" en "verjaarsdagkinders" op die regterkant sien.
Kleuters
Ons bid regtig dat hier nog 'n maatjie of twee sal kom sodat ons hierdie klassie ook kan begin.
6 - 12 jariges
Ons lessie vir die week is "Spotlight - Why did Jesus Come?" en die versie wat ons moet leer is Matt 1:21 (Engels of Afrikaans)
Tieners
Vanwee ADSAC sal daar geen groep vir julle hierdie week wees nie, maar onthou julle is uitgedaag om nog steeds julle "huiswerk" te doen. Kom ons probeer ook elke dag in ons besige programme, 'n tydjie af te staan aan God.
Algemeen
Ons vra u om nog steeds vir klein Natalie Biagi te bid. Sy was verlede week ontslaan vir 'n kort rukke, maar is eergister weer opgeneem in die hospitaal. Ons kindergroepe sal in die loop van die volgende week of twee ook vir haar kaartjies maak wat ons vir haar sal aanstuur.
Dan ouers wil ek vra dat u vir ons regtig moet uitkyk vir nog SA kinders hier in Abu Dhabi. Ek is seker dat met die rugby toernooi die afgelope 6 weke, u dalkies iewers nuwe SAfrikaners in die dorp raakgeloop het met kinders. Gee ons inligting vir hulle of hulle inligting vir ons deur. Ons wil soveel as moontlik van ons maatjies by die groepe probeer betrek.
No comments:
Post a Comment