Tuesday, January 22, 2008

Afr - Ons leer God is Almagtig

Vrydagaand het ons weer kindergroep gehad en alhoewel van die kinders "ander" kinders as die vorige week was, was daar weer agt. Sal dit nie lekker wees as ons al die getalle van agt bymekaar kan sit en 'n groot groep hê nie? Ek het die volgende terugvoer van Charmaine gekry wat Vrydag alleen die groepie moes hanteer. (Was moeilik om foto's en les te gee) Dankie daarvoor!! Die kinders sing en dans lekker saam met die musiek gedurende die lofprysing.


Ons het al tien plae behandel. Die kinders het lekker saam gesels en Nicholas weet alles van die plae en kon dadelik vertel van bloed en paddas. Dis 'n slim klein mannetjie.Die lesse wat ons geleer het is dat ons ouers en gesagsfigure ook soms tien keer moet praat voor ons hoor en elke keer as ons nie luister nie, dan raak ons moeilikheid groter. Nicholas se reaksie daarop was... "Ja, maar ek is doof"...



Die ander les is dat God almagtig is en enige iets kan doen en dat Hy ook vir die Egiptenare gewys het dat Hy die enigste ware lewende God is en dat hulle towenaars net met speletjies besig is. Vir eetgoed het ons Marie beskuitjies met sjokolade gesmeer en dan wit sprinkles bo op gegooi om te wys hoe die mense en diere vol luise was.... die derde plaag... ons Afrikaanse Bybel sê muggies en ek glo dis reg na al die dooie paddas... maar het ook vir die eerste keer in my lewe gehoor daar was luise.

No comments: