Ons open soos gewoonlik met lekker lofprysing. Die kleintjies is waarlik van ons voorsangers. Ons lessie gaan vanaand oor die dienende Koning en ons luister na die storie oor die simboliek van voete was. Hier moet ons die prentjies inkleur waarop mense ander "dien". Ons gesels ook oor wat ons dink dien is en hoe ons ander kan dien. Dan kry ons kansie en Tionette "bedien" ons met sjokolade en koekies. Ons groter kinders se lessie oorvleuel met baie van dit wat ons op die kamp gedoen het en omdat amper al ons kinders wel op die kamp was, hersien ons net die werk voordat ons die speletjie Armour of God speel. En dis spannend hoor .... Wie gaan wen? Die hen tussen die hane vanaand, Daniella wen en sy's baie bly. In die geestelike wedloop sal ons nie regkom met verkeerde klere nie ons het die wapenuitrusting van God nodig.
No comments:
Post a Comment