Die Vrydagaand groepie is vanaand so bietjie dun omdat van ons maats se ouers hulle nie gebring het nie, maar as ek terugdink aan aande wat daar niks of twee kinders opgedaag het, is ons opreg dankbaar vir al die seeninge wat ons in die groep ervaar - met min of baie kinders. Vader was en is goed vir ons. Die lofprysing raak net beter en ons kinders groot en klein neem net so deel daaraan. Ons groot kinders kyk vanaand wie kan die hoogste toring bou .... raai net watter les gaan hulle doen? Eers kry hulle in kleiner groepies kans en dan bou almal saam aan een toring. Dan kyk ons 'n dvd oor die toring van Babel en die lesse wat daaruit te leer is bespreek ons na die tyd. Die arme kleintjies het vanaand maar 'n moeilike aand met hulle instaan-tannie (ek) wat vergeet het om die boks met kryte en gom saam te bring. Eintlik nie vergeet nie, maar dit by die voordeur gelos. Ons onderwerp is nog steeds "Bid" en vanaand hoor ons dat ons moet volhard in die gebed. Ons is veronderstel om gebedsboksies te maak en ons doen net die knip en vou werk - huiswerk is om die boksies te gaan plak en intekleur. Omdat ons vroeer klaar is omrede my vergeetagtigheid kyk ons die dvd saam met die groter kinders.
No comments:
Post a Comment