Thursday, September 24, 2009

Dubai skop ook af

Ons ander bedieningspunte het ook verlede Vrydag met hulle lessies begin en hierdie foto's en verslaggie van Lene. Baie binnekort sal Dubai ook hulle blog in werking he vir stories en foto's
Die Swaeltjies en Ribbokkies moes die week "ladybirds" versier met lekkers. Dit was omtrent 'n taai storie. Dink hulle het meer geeet as wat hulle geplak het. Tot die Arende het lus gekry vir die lekker "sweets". Ons kon darem van die "left overs" kry. Karin en Lize het dit net so baie geniet saam met die kinders. Dan wil ons net vir die manne wat hulle vrouens so mooi bygestaan en gehelp het ook baie dankie se. Julle was 'n groot aanwins.
Die Perde en Arende het omtrent die week gespeel. Dit was 'n "ken mekaar" sessie en het omtrent lekker gewerk met al die nuwe gesiggies wat by ons aangesluit het. Hulle moes hulle name vat en kyk hoeveel woorde hulle daaruit kon maak en Chane en Cjacque het omtrent gesukkel. Die wenner uit die Arende se span was Mariska. Sy kon 14 woorde uit haar naam kry op die einde.

Saam met al die speel en lag het ons 'n mooi lessie gehad oor hoe belangrik elkeen van ons vir Liewe Jesus is, en dat ons ook hemelse ID's en paspoorte moet he.

Die Leeus het mekaar ook beter leer ken. Denis het vir hulle 'n gebedslys opgestel wat elke week vir hulle gemail gaan word en so kan hulle gewoond raak om vir mekaar en ander te bid. Vrydag 25 Sep 09, wil ons graag braai hou vir die tieners op die strand, maar sal die finale besonderhede na elkeen email.

Ons sien uit na volgende Vrydag waar ons weer interessante dinge gaan doen.

No comments: