Tuesday, September 1, 2009

Ons kuier ook in Al Ain

Vir ons laaste besoek met ons Reddingsboodskap is dit Al Ain se beurt. Ook hier is daar sommer 'n mooi klompie jong maats wat opdaag vir die poppekas. Die maats is bly om mekaar te sien en het baie vir mekaar te vertelle. Met 'n paar nuwe maats, ken hulle nog nie die liedjies so goed nie, maar aan geesdrif ontbreek dit nie. Gou-gou sing hulle lekker saam aan die liedjies. Dan is dit tyd vir Flatman en Bobbin se storie en die maats luister aandagtig na die boodskaps soos by die ander punte. God het vir ons almal se sonde gesterf en ons moet Jesus aanneem as ons Verlosser! Flatman en Bobbin bid dat Jesus hulle sonde vergewe en neem Hom aan as hulle verlosser. Daarna vra hulle die maatjies om ook die gebed saam met hulle te doen.
Dankie aan Flatman en Bobbin vir die kuiertjies by AL ons kinders. Hou ons datums dop vir nog besoeke!

Die volgende een is op 2 Oktober by ons gesamentlike diens.

No comments: