Ons groepie by die ECC kompleks het Maandagaand afgeskop met hulle nuwe studie wat gaan oor "Worship". Alhoewel die groepie dol is oor "worship" soos almal dit ken, gaan ons in hierdie studie ook leer dat om te "worship" nie net is om te sing nie, maar om in alles wat ons doen vir die mense te wys hoe lief ons vir Hom is.
Hier is die klomp besig met hulle sang-worship. Daarna kyk ons ook na 'n kort dvd waar twee vergrootglase met mekaar gesels oor hoe ons God nog Groter kan maak!
Elkeen kry iets waardevols en praat hoe almal iets het wat vir hulle waardevol is. Baie keer word waardevolle goed in kluise toegesluit. Ons lees wat die Bybel se oor waardevolle goed en dan vra ons die vrae hoekom worship ons God en op watter manier?
Die 7 manier om te onthou hoe is: W - win others to Jesus, O - Obey God, R - Read the Bible, S - sing praises, H - help others, I - invest in God's work, P - Pray to the Lord.
Ons maak vir ons boekmerkies om te onthou hoekom ons W-O-R-S-H-I-P. Ons versie om te onthou vir hierdie les is in Hebreers 12:28
Die studie het ook elke week 'n "sertifikaat" vir een van ons kinders en hierdie week was dit vir die maat wat entoesiasties gedurende die sang was. Hierdie week is ons wenner : Christiaan Smalberger! Worship like that pleases God, who sees our hearts as well as our actions when we worship by singing!
Ek sien uit na ons volgende les. Maats onthou om julle boekmerke terug te bring en ook om julle Bybels saam te bring.
No comments:
Post a Comment