Thursday, January 7, 2010

Nuwe jaar en nuwe lesse

Na 'n breuk tydens die Desember vakansie kom ons weer bymekaar vir die begin van 'n nuwe jaar en nuwe boekies.

Page1

Twee nuwe maats kom ook saam met ons kuier. Baie lekker om julle twee Ruzaan en Annere by ons te he, ons hoop dat julle elke week saam met ons gaan kom groep.

Page2

Ons jonger groep se nuwe studie is How to grow spiritual seeds en die eerste lessie gaan oor die saad van verlossing. Nadat hulle die versies in hulle Bybels lees, plak hulle die vrugte van die gees op 'n "bekertjie-blompot".

Page3

Dan help tannie Heleen hulle met die voorbereiding van 'n "gesonde" pot sodat die saadjies maklik sal groei. Ons het ook nodig om seker te maak dat die saadjie van verlossing op die regte grond val sodat ons kan groei.

Page4

Die ouer kinders begin vanaand met 'n nuwe studie oor die Tabernakel. 'n Aardse woning vir die Hemelse Koning. 'n Lees skrifoor die tabernakel en doen beplanning om as groep ook 'n tabernakel te bou. Ons sien uit daarna om julle tabernakel te sien ouens!

DSC_0047

Tannies Charmaine en Heleen voor die kerk waar ons Maandagaand groep bymekaarkom. Tannies met die begin van die nuwe jaar wil ek namens al die kinders vir julle duisend dankies se vir die wonderlike manier en die toewyding en al die liefde wat julle gee om ons meer van God te leer. Julle maak dit vir ons lekker en spesiaal om elke week terug te kom om meer te hoor. Dankie vir al julle harde werk, ons waardeer julle!

1 comment:

Heleen said...

Wanneer ek by daai klaskamer in stap en al die kinders hardloop en gryp en druk my dan is dit alles oor en oor die moeite werd. Mens kom met die verloop van tyd agter dat die kinders wel in die geloof groei en dit opsigself is n riem onder die hart om te weet dat jy wel n verskil maak.
Dankie ook aan Charmain en Sandra vir hulle aanmoediging en bystand!
Heleen