Sunday, May 16, 2010

Dankie en totsiens

Hierdie naweek was ons uitgenooi na die ECC se dankie en totsiens ete. Vir 'n hele klompie jare maak ons op Maandagaande kosteloos van hulle fasiliteite gebruik en al woon ons nie die ECC kerkdienste by nie, het hulle en spesifiek die jeugdirekteur Janie ons wonderlik ondersteun.

DSC_0028

Die jaarlikse funksie is by 'n plaaslike hotel gehou en almal wat iets vir die jeug doen was uitgenooi.

DSC_0025

Daar was 'n heerlike buffet en almal het lekker gesels en gekuier terwyl daar ingeskep word.

DSC_0029

Heleen van wie ek net altyd 'n foto moet neem met haar kos :-).

DSC_0033

Na 9 jaar gaan Janie nou weg as sendeling in Senekal (Africa) en die predikant neem afskeid van haar. Ons almal gaan haar mis want vir Janie het dit nie gegaan oor by watter kerk jy betrokke is nie, maar was sy altyd reg om te help solank dit vir ons Vader se koninkryk gaan ... sonder om vrae te vra. 'n Goeie voorbeeld van hoe dit moet wees en hoe dit oor die groot prentjie gaan.

Dankie aan ons Maandagaand groep se ouers vir die donasies vir Janie se nuwe bediening - ons en sy waardeer dit baie.

DSC_0037

Aan die leiers van die Maandagaand groep 'n groot dankie van my af. Charmaine vir al jou harde werk en toewyding en dat jy net altyd daar is vir enigiets wat ons wil doen of beplan. Dankie dat jy my visie vir die groep deel en dat jy net soos ek opgewonde kan raak as ons 'n nuwe studie, musiek of planne maak. Heleen wat sal ons sonder jou vrolike laggies doen. Dankie dat jy ook soveel jaar al deel is van hierdie groepie en dat jy met soveel geesdrif jou lessies elke week voorberei. Jou kinders is baie lief vir jou - jy weet hulle sal groot word en tieners word ne :-). Elriza wat nou net by ons aangesluit het en sommer dadelik 'n klomp tieners bymekaargekry het. Dankie dat jy so mooi luister na ons Pappa en dat jy jouself gee sodat Hy Sy planne vir ons jongmense hier in Abu Dhabi kan begin. Soos ek al vir jou gese het .... hier is 'n behoefte en 'n nood en ..... hou hierdie spasie dop mense .....:-)

1 comment:

Charmaine said...

Dit is baie lekker om saam met jou te werk maat. Ek sien uit na groot dinge in die nuwe jaar. Dankie vir jou toewyding en ure en ure se werk aan die beplannings en studies soek en musiek ontdek. Dis sooo lekker om Riza hier te he en ek weet soos ek weet daar wag amazing dinge vir die jongmense in Abu Dhabi. Ons Pa is in beheer.