'n Slegte week vir foto's en ek neem amper niks, nie dat die kinders daaroor sal kla nie.
Vanaand sing die klomp so lekker dat die snr tienerdogters ook op 'n stadium kom inskakel om saam te sing "Die Koning kom".
Tannie Heleen is so geseend om in SA te kuier en ons klompie doen 'n lessie oor hoe "God vir ons sorg". As voorbeeld praat ons oor ... toe Jesus vir 5000 mense kos gegee het van 5 brode en 2 vissies.
Ons jnr tieners doen die voorlaaste les oor hoe om goeie vriende te maak en vanaand gaan dit oor hoe kies ons goeie vriende. Belangrik om te onthou dat goeie/ware vriende gee om vir ons:
C - challenges you; A - accepts you; R - respects you; E - encourages you; S - sticks with you.
No comments:
Post a Comment