Ons voorlaaste groep van die jaar voordat almal op vakansie gaan.
Die klomp sing lekker vanaand, kyk net die kleintjies se gesiggies.
Hier het ons groot en klein wat pret het met die liedjies.
Saam met Blink Ben doen ons die laaste van die "padreels" met ons teksversie wat Ps 119:30 "Ek het gekies om U pad te loop, dis die pad na die lewe toe".
Ons leer ook oor 'n paar padtekens. As ons 'n kind van God is en op Sy pad wil loop, wil Hy ook he ons moet ander van Hom vertel. Dis nie altyd maklik om die pad te loop nie. Ons maats laat Blink Ben deur die hindernisse ry om op die einde 'n beloning te kry.
Ons ouermaats is ook vanaand by hulle voorlaaste lessie en doen "Ek is 'n sms". Watter boodskap stuur ons uit? Is ons ligdraers in die wereld deur die woord van die lewe uit te dra? Ons moet besef dat ons 'n boodskap is wat deur die wereld gelees word.
No comments:
Post a Comment