Monday, July 19, 2010

Jong mense uitstappie

Die afgelope naweek het 'n klomp jongmense van Elriza se selgroepies die hitte getrotseer en bietjie op die Lulu eiland gaan uitspan en braai.

Page1

Baie van die groeplede is tans iewers besig om vakansie te hou, maar daar was nogtans 'n mooi groepie bymekaar. Leon Misselhorn van Abu Dhabi gemeente het sy boot en tyd vir die jongmense beskikbaar gestel - vreeslik dankie daarvoor Leon, ons waardeer.

Page1_0

Ek dink omtrent die enigste twee snr tieners wat die in die dorp oor is, het ook saamgegaan en lekker saamgekuier.

Page2_0

Daar is heelwat pogings aangewend om op die ski's agter die boot te bly met baie minder as meer sukses.

Page3

Rondhang en speel in die water sodat mens uit die hitte kan wees was die inding. Iemand het egter opgemerk dat die water diep in die 30 grade is.

Page4

Die gewildste "meisie" op die uitstappie was die gecko en almal het probeer om met haar bo die water te bly.

Page7

Daar was ook tyd vir lekker geselsies en rus.

Page10

Natuurlik is daar vleisgebraai en lekker geeet.

Page11

Oppaktyd en die gecko word mooi afgeblaas - maar nie sonder 'n stryd nie en twee mos die werk doen. Julle kan gerus hier gaan loer waar ek nog meer foto's en stories opgesit het.

Dankie almal dit was 'n heerlike warm dag en ons maak gou weer so.

No comments: