Die groot kinders het vanaand geoefen vir hulle item tydens die Youth for Christ byeenkoms en dit het die kleintjies kans gegee om bietjie nuwe liedjies te leer. Op hierdie stadium verkyk hulle hulself nog so aan die groter kinders dat hulle vergeet om die liedjie saam te sing :-).
Kyk net hoe mooi begin hulle al saambeweeg.
Tannie Charmaine vertel dat hulle vanaand van Noag gaan leer en hoe hy gehoorsaam was aan God.
Maar eers moet al die maatjies hulle rugsakkies op Kallie die kameel se rug laai vir die reis. Ons kleintjies woon so mooi die groepie by en net een maatjie is nie daar nie.
Tydens die lessie kuier die mammas met 'n bietjie tee maar kom help met die aktiwiteite. Ons leer vanaand Noag en dat hy alles gedoen het wat God vir hom gese het.
Ons leer van die ark en al die diere.
Dan maak ons 'n prentjie van die ark met stukkies hout vir die ark, vere vir die volstruis, kolle vir die kameelperd en watte vir die skapies.
Die mammas help ook mooi saam en vir huiswerk moet hulle die Noag liedjie leer - dis nou die mammas en die kleintjies :-).
Ons ouer kinders het vanaand oor Amazing atome gepraat en besef hoe groot se Almag is dat hy die skepping in die fynste besonderhede beplan en gemaak het.
In Ps 104:24 lees ons "U het baie dinge geskep, Here, die aarde is vol van wat U gemaak het, en tog, U het alles in wysheid geskep".
Ons probeer self 'n atoom maak, maar dis nie so maklik nie - dink net hoe slim is God om dit te kon doen.
Baie trots op hulle poging.
Die tieners het vanaand almal in die "kookkamer" vergader waar hulle vir Vrydagaand die 21ste geoefen het.
Almal luister mooi oor wat hulle gaan doen en wie wat gaan doen.
Ons vier hoofdansers van die item.
No comments:
Post a Comment