Saturday, November 27, 2010

Ons oefen vir die Kersopvoering

Desember het hierdie jaar baie vinniger gekom as gewoonlik voel dit vir my en vanjaar het ons besluit om die kinders te betrek by die Kersfees Sangaand.

Page1

Ons musikante vir die aand hard aan die oefen.

Page2

Die kinders het ook deur die program gegaan sodat hulle weet wat hulle moet doen.

Page3

Die kleintjies het nadat hulle hul "item" Bethlehem Ster geoefen het, aangegaan met hulle lessie wat vanaand oor Moses gegaan het. Hulle het geleer hoe God die baba (Moses) opgepas het, en hoe hy elkeen van ons ook oppas.

Page4

Daarna het hulle 'n verrassingspartytjie vir hulle tannie Charmaine gehad en omtrent aan die koek gesmul. Dankie aan die ouers wat hier die inisiatief geneem het!

Volgende Maandagaand is ons "konsert" en ons hoop dat al ons mammas en pappas die geleentheid gaan bywoon.

No comments: