Ons kleuters kom so getrou elke week groep toe en sing nou al baie lekker saam met die ander.
Die snr tieners sing nie vanaand saam nie, maar ons ander tieners geniet die worship en werk aan lekker nuwe bewegings vir van die liedjies.
Vanaand leer ons klein maatjies van Dawid en Goliat en hoor hoe wonderlik en groot God is.
Daar word gepraat dat klein mensies nie bang of moedeloos moet wees nie want as ons God se kind is, is Hy altyd by ons om te help soos Hy vir Dawid gehelp het om die groot reus te wen.
Ons leer 'n versie wat so gaan:
Dawid was so klein soos 'n muis en ons maak ons lyfies klein bondeltjies.
En Goliat groot soos 'n huis terwyl ons ons arms strek en op ons tone staan.
Dawid was lief vir God en ons gee onsself 'n drukkie.
Maar Goliat het met Hom gespot.
Toe Dawid 'n klein klippie vat om die reus te gooi.
Le die grote Goliat gou plat.
Met al die foto's by die kleintjies kom ek nie by die middelgroep uit nie (skuus julle). Hulle praat/leer vanaand van hoe ons moet kies om God se plan te volg in plaas van ons eie. In Jes 46:10b se die Here "Ek se wat Ek besluit het en dit gebeur, wat Ek wil doen, doen Ek." God se planne werk altyd uit.
Die tieners praat nog steeds oor om "voorbereid" te wees. Ons kyk na wat steel die tyd wat ons aan God moet spandeer en wat sal groei as ons meer tyd aan Hom en in Sy woord spandeer.
Ons het hierdie week sommer twee verjaarsdae met Charize wat vandag verjaar en Daleen later in die week. Lekker verjaar maats!
Vinnige 'n foto van ons seniors tydens hulle studietyd.
No comments:
Post a Comment