Tuesday, September 20, 2011

Eerste bymekaar kom van die nuwe jaar

Ons eerste bymekaar kom van die jaar om te sien hoe groot het almal geword sodat die nuwe indelings gemaak kan word en ons is aangenaam verras om veral al die kleuters daar te sien. Dit lyk asof ons vanjaar sommer 'n paar ekstra leiers gaan nodig he!


Page1


Ons kleintjies wat vanjaar die Verkleurmannetjie boekie doen waarin hulle gaan leer om die evangelie deur middel van kleure te verstaan is ampertjies in volle sterkte en met soveel energie terug :-) As inleiding vertel hulle tannie wat die lessies oor gaan wees en hulle maak 'n GROOT tuin waar hulle elke week in gaan kom kuier.


Page2


Daar word ook verkleurmannetjies versier met lekker marshmallow fluff en kleur lekkertjies en dit is groot pret. Alhoewel daar 'n prentjie gemaak moet word het amper elke kleuter 'n stukkie wit by die mond soos hulle "skelmpies" proe :-).


Page3


Ons het selfs 'n mamma wat ook wil seker maak wat ons haar kleintjie gee om te eet wat proe alhoewel sy nie wil he die kamera moet dit sien nie.


Page4


Daar is party wat werk sonder om hulle monde vuil te maak.


Page6


Maar hoe later hoe kwater en op 'n stadium toe gee hulle ook nie meer om dat ons sien hulle proe die "verf" nie.


Page6_0


Soos gewoonlik kuier ons mammas iewers in die gang, maar drie van ons mammas met die peuters sit ook by. (Dis altyd vir ons so lekker dat die ouers ook saamkuier op 'n Maandagaand, al is dit met mekaar).


Page7


Ons ouer kinders en tieners het 'n informele bymekaarkom en kyk bietjie fliek. Volgende week begin ons ernstig met die lessies.


Ons sien baie uit na die nuwe jaar. Bid saam met ons vir die groep en ook vir nog leiers!

No comments: