Monday, October 10, 2011

Hoe kom ek in die Hemel?

Dis so wonderlike om te sien hoe ons kinders en jongmense dit geniet om saam te worship!


Page1


Page3


Ons eerste paar liedjies is meestal vir die kleintjies voordat hulle uitgaan en groep het en dan bly net die ouer kinders oor om te worship.


Page2


(Ek moet se dat die kleintjies al hoe meer van die groot kinders se liedjies ook wil saamsing en dat die groot kinders geen probleem het om saam met die kleintjies te sing nie).


Page4


Die jonger maatjies leer vanaand dat ons wonderlike God alles gemaak het.. Hulle leer die versie Handelinge 17:25 "God gee aan almal lewe en asem en alles" en hulle leer hoe mens die versie in die Bybel kry - die adres van die teksvers. Handelinge is soos die stad waar jy bly, Hoofstuk 17 is soos die straatnaam en vers 25 is soos jou huis se nommer.


Page5


Die les gaan oor die skepping en hoe spesiaal elkeen van ons gemaak is.


Page1


Die klompie is so haastig om vir die ouers hulle voeltjies te wys wat hulle gemaak het na die les, dat ek net drie voeltjies kon afneem.


DSC_0041


Die ouers wat lekker saamkuier terwyl hulle vir die kleintjies wag om klaar te kry.


DSC_0042


In "In die kollig" gaan kuier die kinders vanaand agter die skerms om meer te verstaan oor die wereld van die Bybel.


DSC_0065


Daar word gekyk oa gekyk na die bybelse kleuredrag en kos ...


DSC_0044


En ook word die behuising, vervoer en gebruike bespreek.


Die tieners het die tweede week van hul eenheid oor die hemel gedoen. Hulle vertel self:


Page2


Ons het reeds ontdek dat die hemel nie is soos die wereld dit beskryf nie, maar dat dit eintlik 'n wonderlike plek is, wat ver bo enige iemand se verbeelding strek. Hierdie week het ons 'n baie belangrike vraag oor die hemel beantwoord. "Hoe kom ek in die hemel?" Ons skrif was uit Handelinge 16:25-31, waar Paulus en Silas in die tronk gesit het nadat hulle die Woord verkondig het.


Ten spyte van hulle ongunstige omstandighede, het die twee manne daarop gereageer deur die Here te loof en prys met 'n lied, en terwyl hulle sing, het hulle kettings afgebreek en die tronk se deure het oopgegaan. Die tronk bewaarder se enigste werk was om seker te maak niemand ontsnap nie, en indien enige iemand sou ontsnap, moet hy met sy eie lewe daarvoor betaal. En toe die tronkbewaarder hoor wat gebeur het, wou hy sy eie lewe neem, maar Paulus keer hom en wys hom dat almal nog daar is.


Page3


Die eerste ding wat die bewaarder toe vir Paulus vra was "hoe kan ek gered word"? En Paulus antwoord "deur te glo in Jesus Christus" - en so het ons hierdie Maandagaand geleer hoe 'n mens jouself, of 'n vriend kan lei na Jesus toe, sodat hulle ook in die hemel by Hom kan wees as hierdie lewe verby is.

No comments: