Tuesday, January 3, 2012

Na 'n vakansiebreuk is dit tyd om te begin

Ek vertrou dat julle almal 'n wonderlike rustydjie gehad het. Hierdie week begin alles weer in volle stoom en ons is opgewonde oor 'n klomp goed wat die res van die Abu Dhabi jaar gaan gebeur. Hou die blog dop vir alle inligting:


Ons kinders en tieners begin weer Maandagaand 9 Januarie om 6:30 en ons hoop om almal van julle weer te sien.

Vir ons jong volwassenes is daar drie geleenthede in die week om 'n studiegroep by te woon.
Sondagaand - vir paartjies

Dinsdagaande in Khalifa B

Woensdagaande in Muroor


Dan is daar ook ons mamma Maandagoggend studies wat volgende week met 'n nuwe studie begin ~ dis 'n scrapboekstudie en ons sien sommer baie uit daarna. Almal is welkom om dit te kom bywoon, dis in Khalifa B.

Tieners een van die goed vir hierdie maand wat julle moet dagboek is die "Koffiekroeg "social" op die 19de.


Meer inligting oor meer aktiwiteite volg ..

No comments: