Wednesday, February 13, 2013

Ons kan enige tyd met God praat

Ons verwelkom nog 'n nuwe maatjie vanaand  ~ Matthew is nog net 3 jaartjies oud, maar ons is baie bly dat hy by ons 3/4 jariges kom inskakel het.  
DSC_0400

Daar word lekker gesing en ons jonger maats wys lekker saam. 
DSC_0412

Ons heel kleintjies is 'n groepie van net seuntjies en hulle lessie gaan  vanaand oor gebed.
Page1

Hulle werk so oulik saam en leer met prentjies  wat hulle in 'n houertjie sit, vir wie hulle almal kan bid.

DSC_0417

Ons jonger groep leer dat God nooit te besig is om na hulle te luister nie en dat hulle enige tyd oor enigiets met Hom kan praat.
Page2

Hulle maak oa 'n gebedswiel.
DSC_0479

'n Lekker verrassing is 'n ou maatjie Emma wat al die pad vanaf Duitsland vir ons kom kuier het.  Almal was so bly om haar en haar sussie Ilse te sien. Lig en lewe is ons middelgroep se onderwerp. 
Page3
 
Ons hoor dat God lig en lewe gee en dat ons op Hom moet vertrou om vir ons krag te gee om vir Hom te lewe.  Ons versie is Heb 7:25. 
 
DSC_0482
 
Die Junior tieners kyk vanaand na 'n dvd Symphony van Louie Giglio. 
 
Page4
Die seniors sluit hulle onderwerp "Respek" vanaand af met die les oor Hoe kan ek respek verdien?  Daar word gesels oor hoe om God te vertrou en te doen wat reg is wanneer niemand kyk nie.  Josef word as voorbeeld gebruik en hulle gesels ook oor praktiese manier om respek te verdien.

1 comment:

Charmaine said...

Dis so amazing om met hierdie kinders van ons te werk