Wednesday, February 6, 2013

Respekteer almal in wat en hoe ons dit doen

Altyd lekker om ons kinders te sien en vanaand verwelkom ons twee nuwe maats .... Nina en Pieter... wat weer terug is in Abu Dhabi.  Ons is bly julle het gekom.
Page1

Daar word lekker saamgesing. 

Page2

Ons heel klein maatjies se lessie gaan vanaand oor Bybelstudie en ja ons kan nooit te jonk wees om te leer om elke dag die Bybel te lees nie. 
Page3

Dieselfde lessie vir ons ouer maatjies en hulle leer ook dat ons groei geestelik as ons gereeld die Bybel lees.  Hulle kry hulle eie bybelstudie leer en 'n "moenie stuur bordjie" as hulle stil wil raak vir studie.  Ek wonder hoe dit hierdie week by die huise daarmee sal gaan :-).

DSC_0334

Hulle maak ook 'n boekmerk vir hulle Bybel.  Die middelgroep doen les 3 van die Tabernakel en dit gaan oor die Reiniging van die Sonde. Ons leer dat God in ons plek vir sonde gesterf het. en ons versie is in Heb 7:25.  

DSC_0365

Faceboek, sms, twitter is dinge waarmee ons jongmense amper daagliks te doen het, en ons junior tieners. Ons gesels daaroor en wat is die regte manier om die netwerke te gebruik en wat die Bybel daaroor se. 

DSC_0358

Die seniors se les gaan vanaand hoekom mense wat van ons verskil ook respek verdien.

No comments: