Daar is twee groot FEESTE wat ons elke jaar met 'n Spel vier en dis Kersfees en Paasfees. Dis ook een van drie keer in die jaar wat ons AL ons ouers uitnooi om saam met ons te kom Feesvier.
Ons begin deur van die liedjies wat ons gaan sing net weer bietjie te sing.
Die kleintjies wat woelige "Jelly beans" in die spel is, oefen hulle liedjie en begin dan help verf met die paaseiers wat ons gaan nodig he.
Daar word hard gekonsentreer en daar is baie mooi eiers :-). Na die paasspel kan elkeen sy geverfde eier huistoe neem.
Die middelgroep verf ook terwyl hulle wat om hulle part te oefen.
Die tieners oefen hard aan hulle woorde en rolle.
Ons hoop om sommer al ons ouers en maats Maandagaand 18 Maart by die Paasspel te he. Dis by die Hoofsaal 2 (langs die boekwinkel).
No comments:
Post a Comment