Daar word sommer lekker gesing soos gewoonlik.
Die wikkelwurms is dun vandag, maar ons mis nie een lessie nie. Ons gesels oor God wat vir ons asem gee om te lewe en daar word sommer lekker aktiwiteite gedoen.
Die groei-goggas maak vanaand klaar met hulle boekie en die lessie handel oor Daniel se vriende in die vuuroond en hoe God ons moed gee om vir Hom op te staan.
Die maats wat die boekie gedoen het, kry elkeen 'n sertifikaat. Baie geluk julle! En 'n spesiale geluk aan Jana wat elke les bygewoon het!!
Die tabernakel se laaste les gaan oor In Sy Teenwoordigheid en die kinders is baie geinteresseerd om te leer van die gordynvoorhangsel tusen die Heilige en Allerheiligste, die Verbondsark en sy inhoud en Jesus die hoepriester wat Homself geoffer het.
Die tieners luister terwyl Elriza verduidelik oor die Paasspel wat die 18de deur hulle opgevoer gaan word.
En dan is dit tyd om te oefen ....
Met groot ywer :-)
Die middelgroep luister om te hoor wat hulle rolle is.
Volgende week sal daar ernstig aan die Paasspel geoefen word. Ek dink dis belangrik om te onthou dat met die leer van 'n part in so 'n Paasspel, word jy ook oor en oor herinner aan wat Jesus vir ons aan die kruis gedoen het. En ons hoop dat al die ouers gaan kom luister hoe Paasfees in die moderne tyd ook gevier kan word!
1 comment:
So trots op my Groeigoggas Hulle onthou nou so mooi van die Evangelie kleure en doen hulle huiswerk pragtig.Wens ek kan dit vir almal wys
Post a Comment