Wednesday, October 9, 2013
Gehoorsaam en vertrou God
Daar is nie vanaand baie geleentheid om foto's te neem nie, maar ons kan vertel wat ons gedoen het.
Die aand begin soos gewoonlik met lekker saamsing en worship.
Ons heel kleintjies leer dat God het die grond gemaak en alles wat daarin is. Hulle ryg wurmpies en vroetel in die grond rond om die "wurms" uit te haal. Hulle geniet dit baie om in die grond te speel wat God gemaak het.
Die ouer maats se lessie gaan vanaand oor gehoorsaam aan God wees en ons bid vir Bolivia nadat ons in ons paspoorte ook bietjie meer van hulle geleer het.
Hierdie groepie gesels oor hoe Jesus gekies het om God te gehoorsaam ipv om die makliker weg te gaan. Bolivia se mense speel graag panfluit en hier maak hulle hul eie panfluite van strooitjies - nie so maklik nie :-).
Die ouer maats gesels oor Jesus se geboorte, en hoe Maria spesiaal geroep is en sy God vertrou het. Hulle praat ook oor hoe hulle (die tieners) God kan vertrou in Sy planne vir ons.
Bolivia se mense eet ook graag roomys met kaneel oor en na die tyd kry ons bietjie roomys. Die kamera stoom toe onder die humiditeit :-)
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment