Ons begin soos gewoonlik met worship en vanaand is dit in die boiler room.
Die Kersspel is om die draai en om te verhoed dat ons vasdraai met tyd en ook om vanjaar 'n spesiale stel te he, het die kleintjies vir hulle handwerk aand begin maak aan die diere vir die stal.
Die mamma's wat daar was, het gou net so ernstig gewerk aan hulle skapies :-). Die res van ons kinders het die jeugdiens bygewoon.
Elriza praat met ons oor authority en vertel ook vir die kinders wat op ons uitreik Zambia toe gebeur het. Daleen kry kans om terugvoer oor die village besoek te doen en daarna leer hulle die klomp een van die tradisionele liedjies wat ons daar geleer het.
Kans vir 'n tiener groepfoto. Is hulle nie oulik nie? :-) Ons vertel hulle ook van volgende jaar se uitreik wat Mosambiek toe sal wees.
No comments:
Post a Comment