Wednesday, January 22, 2014

God wil he ons moet omgee vir ander


En nog steeds is die koue met ons en die kinders is lekker warm aangetrek.  So "normaal" soos dit vir ons mense by die huis is, so abnormaal is dit vir ons hier in die woestyn :-).
Page1
Ons worship onsself sommer lekker warm.

Page3

Vanaand leer ons dat God die verskillende voels gemaak het, en ons luister mooi terwyl tannie Adri vir ons 'n storie vertel.
Page7
Ons maak nessies en voeltjies van stokkies en eierdoppe.

Page4

Nadat die ouer maatjies hulle stukkie uit die Jesus fliek gekyk het, leer hulle vanaand dat Jesus mense beloon wat die regte dinge vir die regte rede doen.

Page5

Hulle werk hard aan hulle "bybels" met versies.

Page6
Daar is 'n beloning vir elke maatjie wat klaar maak en sy/haar versie ken.
DSC_0072

Hierdie manne wil vanaand sommer net voor die kamera wees :-).
DSC_0076

Baie trots op hulle handewerk ... hierdie groepie groei nou ook ... nie net in lengte nie maar in getalle.

Page2

Ons maats in die middelgroeop gesels oor hoe Jesus wil he ons moet teenoor ander mense/kinders/maats optree.  
DSC_0032

Is hulle nie oulik nie?  :-)

DSC_0039

Die junior tieners en hulle leier Daniel kry vanaand die eerste keer kans om meer van mekaar te leer en doen dit sommer saam met hulle onderwerp bespreking.  

DSC_0020
Die tieners besig met hulle groepbespreking.

No comments: