Wednesday, February 5, 2014

Wat ons doen moet wys hoe lief ons Hom het


Die jaar stap aan en ons is al in Februarie.  Met so baie dinge wat voorle in die volgende maand of twee is ons baie opgewonde.
Page1

Daar word sommer lekker gesing en worship vanaand.

Page8
Ons wurmpies het verlede week klaargemaak met hulle boekie en vanaand kry hulle sertifikate.  Die mamma's het lekker eetgoed saamgestuur en ons kyk fliek en eet lekker.  

Page4

Ons gogga's praat vanaand onder andere oor die "nagmaal" en tannie Charmaine verduidelik wat dit is en hoekom ons dit gebruik.  
Page6

Dan kry hulle ook kans om nagmaal te gebruik. 
Page7
Daar is nog ook tyd om 'n aktiwiteit te maak van 'n persoon met GROOT ore en hoe ons moet luister na wat God se.  

Page3

Die middelgroep praat oa vanaand oor Luk 19:45-48 en hoe Jesus die tempel skoongemaak het oor wat daar gebeur het.  Rolle word uitgespeel terwyl hulle leer en luister wat tannie Heleen se. 
Page2

Ons junior en senior tieners se interessante gesprek vanaand gaan oor Faceboek en wat en hoe mens moet opsit en hoe ander dit lees en sien - dra ons 'n Jesus beeld uit?  Kan ander deur na ons blad te kyk sien ons is Christene?  

No comments: