Showing posts with label ECC 2012. Show all posts
Showing posts with label ECC 2012. Show all posts

Tuesday, September 18, 2012

God beskerm ons altyd

Page1 
Uit hul nate uit word daar gesing en gedans
Page2
Ons heel klein gogga’tjies doen hulle eerste amptelike lessie en hulle doen so goed.  Vanaand doen hulle en die ouer kleuters die evangelie d.m.v die verskillende kleure
Page9
Nadat hulle hulle handwerk en eetgoedjies gekry het, is dit tyd vir huistoe gaan, maar nie voordat hulle vir die ouers vertel wat hulle geleer het Ine :-)
Page6

DIe groepe maak hulle handwerk item wat ‘n inkopiesak is en dan gaan hulle winkel toe om dmv gekleurde lekkergoed te leer. Goud laat ons dink aan die Koning van alle konings, God
Page7
Swart aan sonde, rooi aan God se liefde vir ons, wit dat Jesus vir ons sonde gesterf het, groen dat ons groei in God se Woord en blou die hemel.
Page3

Ons soldate leer van die twee koninkryke, duisternis en lig en kies om vir die koninkryk van die lig te veg. In Johannes 8:12 se Jesus “Ek is die lig van die wereld,  Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig he wat lewe gee”

DSC_0514
Ons jong tieners se les gaan vanaand oor hoe om met God te praat sonder dat jy hoef te kommer oor wat behalwe om dit net te geniet.
DSC_0539

Vir “huiswerk” moet hulle die “Lord’s Prayer” in hulle eie woorde skryf sodat dit van toepassing is op hulle lewe. 

Page5

Ons tieners behandel die emosies en met die speletjie gee hul uiting aan verskillendes, soos bang, skrik, pret, gil, ens.

Page8

Die emosie “woede” word besprek en hul hoor wat is die verskil van hoe die wereld woede hanteer teenwoor wat die Bybel se.

Tieners onthou eerskomende Donderdagaand is julle “social”

Thursday, September 13, 2012

Ons jaar skop af

Na ‘n laaaang somerbreuk skop ons af met die nuwe skooljaar en ons eerste “informele” groepbyeenkoms.  Nog nie almal is terug nie, maar dis lekker om die kinders weer te sien en hulle lyk net so bly ;-).
Page1
   
Altyd lekker om ou liedjies wat ons ken so uit volle bors te sing, en die nuwes val gou-gou in.
 
DSC_0336
 
Ons heel kleintjies het vanjaar hulle eie groepie o.l.v ‘n “nuwe” tannie Hanri.  Ons sien uit daarna om te sien hoe die “goggas” ook vanjaar gaan groei in hulle kennis van die Bybel en om meer van God te leer.
 
Page3

Die ouer “goggas” maak hulle eie teenwoordigheid gogga en sit dit in die tuin  om te wys hulle is daar.

Hulle gaan vanjaar aan die goggas boek werk en vir die inleiding plak hulle die gogga met  versiersuiker en m&m’s.  Dit verg baie konsentrasie want daar kan nie eers opgekyk word vir die kamera nie.
 
Page2
 
Ek is nuuskierig vir hierdie groepie om met hulle lessies oor Efesiers te begin, maar vir inleiding het tannie Heleen ‘n vingerpop les vandag.
 
Page8

Ons jong tieners speel speletjies en dan kry hulle kans om bietjie oor die lesse vir die jaar te gesels en bietjie te begin “bond” met hulle nuwe groepleier Rikus … een van ons ou tieners van die groep.

Page5

Die tieners wat in Namibia was, begin die aand deur die speletjies wat hule daar gespeel het met hul maats te deel en dis groot pret.

Page6

Hulle het heelwat bespreking ook oor die jaar se program ens. en ons sien uit na wat hier alles aan die uitbroei is :-)

Welkom aan ons 5 nuwe maats en 2 groepleiers!