Showing posts with label Groep1013. Show all posts
Showing posts with label Groep1013. Show all posts

Wednesday, October 30, 2013

Jeugdiens en donkies :-)

2013-10-25 18.48.00
Ons open saam met worship.

Page2

Die heel kleintjies se projek vanaand gaan oor die maak van die donkies vir ons Kersspel.  Vorige keer het hulle die skapies gemaak.  Almal, die mamma ook, werk hard en die donkie lyk baie mooi.

2013-10-25 19.01.17

Ons ouer maats woon die jeugdiens by waar Proffessor "weetalles-groot-naam-wat-ek-nie-kan-onthou-nie" wys vir hulle in Mattheus hoe die Bybel kuns, aardrykskunde, wetenskap en teologie kan kry.

2013-10-25 19.40.11

Die kamera volg vanaand die middelgroep...

Tuesday, October 22, 2013

Hoekom volg ons Jesus

Terug na die kort skoolbreuk ....

2013-10-18 18.46.57

Lekker word daar geworship!

 Page1
 Die wurmpies leer vanaand dat God die Water gemaak het.  Ons maak 'n lekker vrugte-bootjie, sing Vissies in die water en vang vissies in die water. Lekker!!  Ons leer ook dat ons nie water moet mors nie en dat ons altyd vir God moet dankie se vir die water wat Hy vir ons gemaak het.

Page2_0

 Ons lessie gaan om vir God te volg en ons speel follow-the-leader.  Daar word ook geleer oor die disipels wat Jesus gevolg het vir die regte rede - om Sy werk te doen.  Die land vir wie ons vanaand bid is Haiti.

Page4

Dieselfde les vir die ouer maats, natuurlik meer detail en hulle leer ook meer oor Haiti en bid daarna vir die land.

Page5

Eers vertel twee tieners vir ons meer van Haiti. Die tieners gesels oor wat is 'n disipel en hoekom het hulle vir Jesus gevolg. 
DSC_1417
Die kamera volg vanaand ons preteens ....





Wednesday, October 9, 2013

Gehoorsaam en vertrou God


Daar is nie vanaand baie geleentheid om foto's te neem nie, maar ons kan vertel wat ons gedoen het.
1382020_191886624328394_1236300828_n

Die aand begin soos gewoonlik met lekker saamsing en worship.
1234218_191887257661664_571690982_n
Ons heel kleintjies leer dat God het die grond gemaak en alles wat daarin is.  Hulle ryg wurmpies en vroetel in die grond rond om die "wurms" uit te haal.  Hulle geniet dit baie om in die grond te speel wat God gemaak het.

1375886_191887070995016_1834557128_n

Die ouer maats se lessie gaan vanaand oor gehoorsaam aan God wees en ons bid vir Bolivia nadat ons in ons paspoorte ook bietjie meer van hulle geleer het.  

1377160_191886887661701_2107689502_n

Hierdie groepie gesels oor hoe Jesus gekies het om God te gehoorsaam ipv om die makliker weg te gaan. Bolivia se mense speel graag panfluit en hier maak hulle hul eie panfluite van strooitjies - nie so maklik nie :-).

1380725_191887117661678_1922826614_n

Die ouer maats gesels oor Jesus se geboorte, en hoe Maria spesiaal geroep is en sy God vertrou het. Hulle praat ook oor hoe hulle (die tieners) God kan vertrou in Sy planne vir ons.  
644121_191887400994983_1659328841_n

Bolivia se mense eet ook graag roomys met kaneel oor en na die tyd kry ons bietjie roomys.  Die kamera stoom toe onder die humiditeit :-)