Showing posts with label Groep1113. Show all posts
Showing posts with label Groep1113. Show all posts
Tuesday, November 12, 2013
Ons moet wat God vir ons gee, versorg en oppas
Ons oefen vanaand van die liedjies wat met ons Kersspel gesing gaan word.
Almal sing lekker saam!
Ons wurmpies hoor en leer vanaand dat God plante gemaak het en dat ons dit moet waardeer. Hulle maak 'n lekker blom suigstokkie om te eet.
Dan kry elkeen kans om 'n blomplantjie te plant wat hulle moet huis toe neem en versorg.
Is hulle nie te oulik nie? :-)
Ons goggas kyk na hulle lessie uit die Jesus fliek en met ballonne leer hulle hul versie vir die aand.
Daar word ook so 'n bietjie partytjie gehou want hulle tannie verjaar more :-). Al die maatjies het vir haar blomme gebring en daar is lekker koek gebak.
Die middelgroep vang ook op met les 5 van die Jesus fliek en daarna doen hulle 'n kers-aktiwiteit saam.
Van die tieners aan die oefen vir die kersspel op die 25ste.
Tuesday, November 5, 2013
Ons is dankbaar vir alles wat Jesus gemaak het!
Novembermaand is ons besige maand. Die skole sluit vroeg in Desember en ons maak gereed vir ons jaarlikse Kersspel.
Ons begin soos gewoonlik met ons saamsing voordat ons na die groepe toe gaan.
Die kleintjies se lessie is "God het bome gemaak" en in tannie Hanrie se afwesigheid, help tannie Adri vanaand by die kleintjies. Wikkelwurm vertel vir hulle van bome en hoe God verskillende soorte bome gemaak het. Hulle maak ook lekkergoed boompies.
Ons leer 'n versie oor bome en hoe om vir God dankie te se daarvoor.
Die ouer maatjies leer van vier gelykenisse wat Jesus vertel het. Hulle kry ook saaitjies om te saai wat hulle moet versorg. Die land waarvoor hulle bid vanaand en meer van leer is Rwanda.
Die groter kinders doen vanaand die rolindeling vir die Kersspel en dit gee ons kans om sommer 'n paar groep foto's van die kleintjies en jongeres te neem.
Ons wurmpies
Die goggas en jinne hulle word groter by die week.
So dankbaar dat die groep ook nou groei en dat daar 'n paar maats is.
Van die preteens en tiener :-)
Subscribe to:
Posts (Atom)