Showing posts with label Jeugdiens 2013. Show all posts
Showing posts with label Jeugdiens 2013. Show all posts

Wednesday, January 29, 2014

Jeug/Familiediens

Ons kleintjies worship vanaand sonder die kamera, want die ouer maats het 'n jeugdiens.
DSC_0010

Vanaand leer hulle dat God het ook die wilde diere gemaak.   Dis 'n klomp vriendelike leeus wat na die tyd uit die klaskamer kom :-).  Vanaand het hulle ook klaar gemaak met hul boekie en volgende week kry ons sertifikate!

DSC_0009

Die ouer maats se lessie gaan vanaand oor Jesus wat gearresteer word en vergifnis.   

Page2


Ons middelgroep en tieners het vanaand 'n jeugdiens.  Ds Elriza preek vanaand in die Afrikaanse kerk van Abu Dhabi en ons tieners woon dit by. 

Tuesday, October 1, 2013

Handwerk en Jeugdiens

Lekker om weer terug te wees by die groep vanaand.
Page1
Ons begin soos gewoonlik met worship en vanaand is dit in die boiler room. 
Page6

Die Kersspel is om die draai en om te verhoed dat ons vasdraai met tyd en ook om vanjaar 'n spesiale stel te he, het die kleintjies vir hulle handwerk aand begin maak aan die diere vir die stal. 

Page7
Die mamma's wat daar was, het gou net so ernstig gewerk aan hulle skapies :-).  Die res van ons kinders het die jeugdiens bygewoon.  
Page4
Elriza praat met ons oor authority en vertel ook vir die kinders wat op ons uitreik Zambia toe gebeur het.  Daleen kry kans om terugvoer oor die village besoek te doen en daarna leer hulle die klomp een van die tradisionele liedjies wat ons daar geleer het. 
DSC_0650
Kans vir 'n tiener groepfoto.  Is hulle nie oulik nie? :-)   Ons vertel hulle ook van volgende jaar se uitreik wat Mosambiek toe sal wees.