Showing posts with label Kamp 2008. Show all posts
Showing posts with label Kamp 2008. Show all posts

Wednesday, February 27, 2008

Ons Kamp - Dag 2 - Groepies & Leiers

Tydens die kamp het ons ses lessies bygewoon wat elk 30 min lank was oor ons tema GO DANIEL. Na elke sessie het ons in kleingroepies bymekaar gekom vir 15 min. Ek het 'n paar groepe afgeneem en hier is dit!
Dis die "ouer" meisies wat hier luister
Hierdie groepie sit sommer i die gang
Henry, Daleen, Jumarie en hulle groepmaats.

Die klomp woon die sessie in die saal by
Besig met een van die trustgames.

Hierdie manne het in hul "den" vergader
Op die grasperk. Hanrie hoe kan jy sien Ruhan is in die groep?
Om die tafel

Blommie met haar groepie. Ek sien die verjaarsdagmeisie Jessica is ook hier.
Tussen die vleisetende miere kuier hierdie groepie op die gras.
Nog 'n groepie
Die manne lyk ernstig besig met hulle lessie

Van die groepleiers op verskillende stadiums van die kamp afgeneem.
Maats onthou om môre vir nog foto's te kom kyk en ook na gereelde updates van AL die foto's in ons album op die regterkant.

Thursday, January 31, 2008

Belangrike Inligting tov die KAMP!!

Ek hoop dat al die groter maats al uitsien na ons kamp en dat die datum 21 - 23 Februarie gedagboek is. Hier is 'n bietjie meer inligting...

Ons kamp by die Sharjah Scout terrein in tente. Gaan dit nie lekker wees nie? Alhoewel die fun begin by die opslaan van die tente, hoef julle dit nie te doen nie, dis klaar opgeslaan.

Ons gaan lekker bymekaar kom met ons mede-Suid-Afrikaanse maats van Dubai en Al Ain
Die terrein het wonderlike fasiliteite vir allerhande speletjies wat ons gaan speel.
Ons gaan ook meer van Jesus leer met ons tema GO DANIEL!!
Ons gaan items oefen om op te voer vir ons maats.



En moenie vergeet van die lekker kampvuuur en sing nie.

Wie kan gaan? Al ons maats van 10 jaar oud en die oudjies wat 9 is maar 10 word binnekort.

Wanneer? Soos gesê Donderdagmiddag , die 21 ste Februarie Ons sal 4 uur moet vertrek!

Tot? Ons behoort Saterdag 23 Februarie rondom 13:30 terug te wees in Dubai

Koste? Dhs70 vir die kamp en miskien 'n dirham of 5 meer vir vervoer Dubai toe (tensy van ons ouers aanbied om te help aanry

Wat ek nou wil vra is dat u as ouers asseblief vir my 'n aanduiding kan gee of u kind die kamp kan meemaak Laat vir my weet dmv comment, epos, sms of oproep. Dankie!!

Hoop dat al ons jongmense bo 10 jaar dit gaan bywoon!!