Showing posts with label Middelgroep 2011. Show all posts
Showing posts with label Middelgroep 2011. Show all posts

Thursday, September 29, 2011

Ons is opgewonde oor wat God vir ons beplan

Vanaand skop ons af met ons lessies en nog twee nuwe maats, Lula en Cecile sluit by ons aan.


Page1


Ons begin deur lekker saam met musiek te worship voordat die kleintjies na hulle groep toe gaan en die ouer kinders alleen voortgaan met die worship.


Page2


Ons kleuters wat met elke bymekaar groei in getalle leer vanaand watter storie die kleure vertel. Hulle doen hierdie lessie met 'n speletjie waarin 'n geskenkie in die 5 kleure toegedraai is. Soos musical chairs word dit aangegee en wanneer 'n kleur oopgemaak word, vertel tannie Charmaine wat die kleur beteken. Daarna maak hulle hangertjies van die evangelie-kleure en hulle geniet dit baie.


Page3


Die ouer tot 13 jaar kinders begin met hulle "In die kollig" produksie. Daar word gesels oor hoe mens 'n rolprent maak, die storielyn en hoe die Bybel gebaseer is op 'n ware verhaal.


DSC_0049


'n Bietjie agtergrond soos oa die hoeveelheid boekie in die Bybel en wat die woord bybel beteken word geleer voordat die eerste toneel "geskiet" word.


DSC_0121


Die versie wat in die toneel geskiet word is


2 Tim 3:16 "Die hele Skrif is deur God geinspireer en is nuttig om ons te leer wat waar is en om ons te laat besef wat verkeerd is in ons lewens"


Page5


Elriza vertel so van wat die tieners gedoen het:~ Die tieners het hulle eerste groep gehad na die laaang somer vakansie. Die groot vooruitsig wat ons kan he as Christene is nie vir die volgende vakansie nie, maar vir wat gebeur en waar ons gaan as hierdie lewe en aarde verby is. Dis waarmee ons dan ook hierdie nuwe jaar mee afskop en die eerste les was "What is Heaven". Ons het gekyk na wat die wereld se die hemel is en wat die Bybel se die hemel is, en dan die waarheid daaruit saamgestel. Die waarheid was verfrissend, en die vooruitsig is groot!

Tuesday, September 20, 2011

Eerste bymekaar kom van die nuwe jaar

Ons eerste bymekaar kom van die jaar om te sien hoe groot het almal geword sodat die nuwe indelings gemaak kan word en ons is aangenaam verras om veral al die kleuters daar te sien. Dit lyk asof ons vanjaar sommer 'n paar ekstra leiers gaan nodig he!


Page1


Ons kleintjies wat vanjaar die Verkleurmannetjie boekie doen waarin hulle gaan leer om die evangelie deur middel van kleure te verstaan is ampertjies in volle sterkte en met soveel energie terug :-) As inleiding vertel hulle tannie wat die lessies oor gaan wees en hulle maak 'n GROOT tuin waar hulle elke week in gaan kom kuier.


Page2


Daar word ook verkleurmannetjies versier met lekker marshmallow fluff en kleur lekkertjies en dit is groot pret. Alhoewel daar 'n prentjie gemaak moet word het amper elke kleuter 'n stukkie wit by die mond soos hulle "skelmpies" proe :-).


Page3


Ons het selfs 'n mamma wat ook wil seker maak wat ons haar kleintjie gee om te eet wat proe alhoewel sy nie wil he die kamera moet dit sien nie.


Page4


Daar is party wat werk sonder om hulle monde vuil te maak.


Page6


Maar hoe later hoe kwater en op 'n stadium toe gee hulle ook nie meer om dat ons sien hulle proe die "verf" nie.


Page6_0


Soos gewoonlik kuier ons mammas iewers in die gang, maar drie van ons mammas met die peuters sit ook by. (Dis altyd vir ons so lekker dat die ouers ook saamkuier op 'n Maandagaand, al is dit met mekaar).


Page7


Ons ouer kinders en tieners het 'n informele bymekaarkom en kyk bietjie fliek. Volgende week begin ons ernstig met die lessies.


Ons sien baie uit na die nuwe jaar. Bid saam met ons vir die groep en ook vir nog leiers!