Showing posts with label Ruwais. Show all posts
Showing posts with label Ruwais. Show all posts

Monday, February 20, 2012

Ruwais uitreik

Toe ons Vrydagoggend uit Abu Dhabi wegry Ruwais toe, het ons nie 'n idee gehad wat ons gaan tref nie.
Midde in die woestyn het ek een van die slegste sandstorms wat ek nog beleef het, ervaar en vir 'n hele tydjie was dit die sig by ons venster uit. Ons moes maar mooi kyk vir die afdraai.
Maar ondanks die toestande buite, het 'n klomp van Ruwais se Saffers gekom om die "diens" te kom bywoon. Elriza se boodskap was uit Filipense 4:11 en voorwaar een wat met elkeen van ons daar gepraat het.
Na die tyd is daar heerlik gekuier, gesels, gelag terwyl ons koffie drink en die lekker eetgoed geniet.
Ons wat van Abu Dhabi gekom het, is ook heerlik bederf met 'n lekker middagete en kuier na die tyd.
Dankie julle vir die lekker bederf, dankie Elriza vir 'n besonderse boodskap en dankie aan ons Hemelse Vader vir die wonderlike geleentheid en dat Hy met ons was op die moeilike pad en Sy teenwoordigheid tydens en na die diens.

Sunday, January 22, 2012

Ruwais uitreik Januarie

Daar is 'n behoefte in Ruwais om bymekaar te kom, maar dit sukkel nog om 'n naweek te kry wat almal pas. Ons grootste probleem was plek en daarin het Hy voorsien ... nou net wag dat die boodskap van die "diens" in die loop van tyd by almal daar uitkom.
Nadat ons heerlik saam gesing het, het Elriza het vir ons 'n baie besonderse boodskap rondom Heb 4:10 gegee wat met elkeen van ons gepraat het. Baie van toepassing om die begin van die jaar. Die Ruwais mense het ons bederf met 'n lekker ete en kuier na die tyd. Ek's opgewonde vir wat God vir die mense van hierdie dorp beplan.