Showing posts with label Snr tieners. Show all posts
Showing posts with label Snr tieners. Show all posts

Monday, May 10, 2010

Kayak-trip vir die ouer tieners

Met 'n vorige inskrywing is daar reeds "verslag" gelewer oor die uitstappie maar die 'n bietjie van die foto's is nog nie eers gewys nie. Daar is 100de geneem en hierdie is maar net 'n paartjies sodat julle kan sien hoeveel fun die jongklomp gehad het. My kommentaar by die foto's, behalwe met die vertrek en terugkom, is van "hoor se" na die trip.

Page1

Party weet nie regtig waarvoor hulle hulself ingelaat het nie en staan rond of krap in hulle rugsakke net om vir oulaas seker te maak niks bly agter nie.

Page2

Dan kry elkeen sy/haar spaan en die gids verduidelik die basiese reels vir die rit. Almal luister baie mooi. Jolize wonder of dit 'n wyse besluit was en Elriza oefen haar roei, net vir ingeval.

Page3

En ons is weg met groot glimlagte op die gesig. Ons is bly vir van ons Dubai maats wat "braaf" genoeg was om te kom saam kayak :-)

DSC_0038

Diepsee in oppad na die eiland.

Page4

Daar is by die eilande geswem en gehandstaan ... raai deur wie.

'n Ernstige krieketwedstryd met 'n boomstop is ook deur almal gespeel. Kyk net party se pose ....

Page5

Dan begin dit aand raak en daar word vleisgebraai, gekuier, kitaargespeel, sing en ernstige gepraat.

DSCF0187

Mens kan Abu Dhabi van ver sien. Behalwe vir swem is daar ook "musical kano's" gespeel. Daardie foto's is so woelig dat mens amper niks behalwe water, kano's en glimlagte kan sien nie.

Page7

Die volgende dag is daar ook in die water rondgehang - kyk net hoe rustig is die see - voordat die terugroep begin het.

DSC_0055

Met almal vuil, souterig en moeg veilig terug is daar darem nog 'n laaste bietjie energie - by party - om te wys hoe hulle die kuier geniet het.

Dankie aan ALMAL van julle vir die saamgaan. Ons hoop dat met die volgende uitstappie tieners van die ander emirate ook sal wil saamgaan. Dankie aan die drie volwassenes Elriza, James, Leane wat ook saamgegaan het en 'n Groot Dankie vir ons Vader wat met hulle was elke oomblik van die uitstappie. Wat 'n blessing om met maats wat lief is vir Hom saam te kuier en fun te he.

Ns Daar is nog foto's by ons Jeug facebook blad hier. Indien jy 15 en ouer is en in die UAE bly, skakel gerus in.

Thursday, May 6, 2010

Ons senior tieners deur Elriza

Die jeug bediening in Abu Dhabi is in volle swaai. Ons is op Maandae aande by ECC nou al vir drie weke besig met ‘n studie, wat gaan oor verhoudings. Moenie te groot skrik nie, dis meer verhoudings met die Here, ons naaste, en wie almal ons naaste is, as wat dit gaan oor Romeo en Juliet tipe verhoudings!

26 April 2010 2

Daar is al sewe jeug lede wat bywoon, en elke week is daar nog enetjie by. As ons so aangaan, gaan ons binnekort ‘n groter lokaal nodig kry ... Maar prys die Here daarvoor!

DSC_0039

Ons het ook al ‘n gesamentlike jeug byeenkoms gehad, waar ons gaan kayak en oornag het hier in Abu Dhabi.

DSCF0164

Nadat ons oorgeroei het na een van die eilandjies rondom Abu Dhabi, het ons lekker in die see geswem en daar’s krieket gespeel met ‘n boompstomp en tennis bal.

DSCF0187

Dis so kamp as wat mens kan kry hier in die middestad. Toe die son sak het ons op die strand gesit en kitaar gespeel lanks die kampvuur, en sommer net lekker sit in chat, ons horison was ingekleur met die Abu Dhabi skyline.

DSCF0189

Ek moet ook net se dat ons gids baie beindruk was met die hoveelheid vleis wat ons op die vuur gehad het - ja Suid Afrikaners. Dis dalk oor hierdie rede wat daar nie regtig geslaap is die aand nie. Toe almal op is, of sou ek se weer regop sit 6 uur die oggend, het ons na ons seebad kamp op geslaan en terug geroei stad toe.

DSC_0055

Ek dink ‘n hele paar ouers ry nou nog met hulle vensters afgedraai om die seewater reuk uit hulle karre uit te kry. Ek dink ons volgende byeenkoms sal dalk wees om ons ouers se karre te stofsuig vir al die sand, maar moenie julle asems ophou daarvoor nie.

Ons jong volwasse bediening is so stadig maar seker besig om spoed op te tel soos ‘n ou stoom lokomotief. Hierdie week sal ons tweede selgroep byeenkoms wees, wat elke Woensdag aand in Khalifa City B gaan ontmoet. Daar gaan dan ook ‘n selgroup in Khalifa Bin Shakbout Straat begin vir die jonges in die middestad Dinsdag aand.

Dankie Elriza die kinders het dit baie geniet. Meer foto’s sal binne die volgende paar dae opwees.

Ek kan ook net noem dat die Dinsdagaand selgroep in die middestad vir jong volwassenes wel begin het as daar iemand is wat belangstel om in te skakel.