Wednesday, January 22, 2014
God wil he ons moet omgee vir ander
En nog steeds is die koue met ons en die kinders is lekker warm aangetrek. So "normaal" soos dit vir ons mense by die huis is, so abnormaal is dit vir ons hier in die woestyn :-).
Ons worship onsself sommer lekker warm.
Vanaand leer ons dat God die verskillende voels gemaak het, en ons luister mooi terwyl tannie Adri vir ons 'n storie vertel.
Ons maak nessies en voeltjies van stokkies en eierdoppe.
Nadat die ouer maatjies hulle stukkie uit die Jesus fliek gekyk het, leer hulle vanaand dat Jesus mense beloon wat die regte dinge vir die regte rede doen.
Hulle werk hard aan hulle "bybels" met versies.
Daar is 'n beloning vir elke maatjie wat klaar maak en sy/haar versie ken.
Hierdie manne wil vanaand sommer net voor die kamera wees :-).
Baie trots op hulle handewerk ... hierdie groepie groei nou ook ... nie net in lengte nie maar in getalle.
Ons maats in die middelgroeop gesels oor hoe Jesus wil he ons moet teenoor ander mense/kinders/maats optree.
Is hulle nie oulik nie? :-)
Die junior tieners en hulle leier Daniel kry vanaand die eerste keer kans om meer van mekaar te leer en doen dit sommer saam met hulle onderwerp bespreking.
Die tieners besig met hulle groepbespreking.
Thursday, January 16, 2014
Wednesday, January 15, 2014
'n God van Wonderwerke
In lekker koue weer, iets wat nie baie hier gebeur nie, het ons groep vanaand.
Kinders worship en anders as gewoonlik is daar kleintjies wat warm aangetrek is :-).
Tannie Hanrie is 'n bietjie op vakansie en tannie Adri en tannie Sue Ann help 'n bietjie uit.
Vanaand leer ons dat God het troeteldiere en plaasdiere gemaak en ons verf perdjies en maak skapies.
Maar die versoeking om van die materiaal (springmielies) en gom (versiersuiker) te proe is baie groot en hulle probeer dit almal so ongemerk doen :-).
Ek weet nie hoeveel handwerk huistoe gegaan het, of opgeeet is voor hulle die klaskamer verlaat het nie.
In die ouer groepie vertel tannie Charmaine vanaand vir hulle oor hoe God vir mense omgegee het, vir almal nie net sekeres nie.
Ons maak "Care" boekmerkies.
Daarna om te wys hoe ons harde woorde maatjies kan seer maak en sagte woorde nie, moet ons eers 'n koekie met harde botter probeer smeer en daarna sagte botter.
Ons middelgroep is vandag op 'n stadium buite en ek kry nie kans om foto's te neem nie, hulle praat oor Jesus wat tussen die mense inbeweeg het en so baie wonderwerke gedoen het.
Die junior tieners het hul praatjie oor Jesus se Wonderwerke en speel dan 'n Bybel speletjie. Ek het glad nie by ons snr tieners uitgekom nie, maar hulle onderwerp was dieselfde vanaand.

Wednesday, January 8, 2014
Ons God kan baie doen
Na 'n kort vakansiebreuk is ons weer terug by die Kinder- en Jeuggroep.
Vanaand kry ons hulle ampertjies nie stil nie want almal het iets te vertel van die vakansie en daar word lekker saamgesing.
Ons kleintjies se lessie vanaand gaan dat God het visse gemaak, en ons luister mooi terwyl tannie Hanrie 'n storie vertel.
Dan werk hulle hard om almal vissie te maak.
Baie trots op hulle vissies wat hulle gemaak het.
Nog 'n nuwe maatjie in die groep vanaand en hierdie wurmpies se groep is besig om te groei! Baie verspot met die neem van die foto :-).
Ons ouer maatjies kyk weer 'n lessie van die Jesus kinderfliek en vanaand se lesse gaan oor Jesus se ongelooflike krag en hoe Hy dit gewys het deur onder ander die storm stil te maak.
Ons hoor ook hoe Jesus vir baie mense kos gegee het met vyf broodjies en twee vissies en as aktiwiteit moet hulle kyk hoeveel stukkies hulle uit twee broodjies kan kry.
En hierdie klompie het hard probeer glo my, dit was 'n baie ernstige aktiwiteit vir hulle :-).
Ons ouer maats se lessie vanaand gaan oor Jesus wat Sy disipels leer en die storie van die Saaier wat in verskillende grond gesaai het.
Die tieners het ook hulle les, praatjie en gesels oor dieselfde onderwerp en maak dit van toepassing op hulle allerdaagse lewe.
Thursday, December 26, 2013
Ou Kersaand in die woestyn
Nie die ideale weerstoestande vir die woestyn nie en alhoewel ons bietjie gewik en geweeg het of ons ondanks die sandstorm voorgaan, het ons wel besluit om te gaan.
'n Mooi klompie mense het opgedaag en ons almal het gehoop dat die wind en sand op 'n stadium sal gaan le.
Maar hoe later dit geword het, hoe meer het die wind en sand gewaai.
Mens kan die sandkorrels selfs op die kamera lens sien.
Maar die mense wat deurgedruk het, het lekker saamgesing en luister na die Kersboodskap.
Onder moeilike omstandighede en monde vol sand, het ons worship span nogsteeds uitstekend gedoen met die sanglei.
Sunday, December 22, 2013
Monday, December 16, 2013
Subscribe to:
Posts (Atom)