Showing posts with label kersfees. Show all posts
Showing posts with label kersfees. Show all posts

Thursday, December 26, 2013

Ou Kersaand in die woestyn

Nie die ideale weerstoestande vir die woestyn nie en alhoewel ons bietjie gewik en geweeg het of ons ondanks die sandstorm voorgaan, het ons wel besluit om te gaan.  

DSC_0048

'n Mooi klompie mense het opgedaag en ons almal het gehoop dat die wind en sand op 'n stadium sal gaan le.
DSC_0070

Maar hoe later dit geword het, hoe meer het die wind en sand gewaai.

DSC_0056

Mens kan die sandkorrels selfs op die kamera lens sien.
DSC_0084

Maar die mense wat deurgedruk het, het lekker saamgesing en luister na die Kersboodskap.
DSC_0087

Onder moeilike omstandighede en monde vol sand, het ons worship span nogsteeds uitstekend gedoen met die sanglei.



Sunday, December 22, 2013

Wednesday, December 11, 2013

Partytjie vir Jesus


Met van die skole nog aan die gang, het ons net so voor die skoolvakansie 'n partytjie vir Jesus gereel ...
Page1
Musikale stoele is altyd 'n treffer en almal geniet dit verskriklik terwyl hulle soek en jaag vir die laaste stoel.
DSC_0031

Van die tieners kom vertel vir ons die Kersverhaal van Jesus se geboorte.
Page2
Geskenkies word uitgedeel aan die groepe.

Page4
En dan word daar lekker gekuier en geeet.

Die kindergroep sal nou sluit totdat die skole weer in Januarie begin.

Wednesday, November 27, 2013

Kersspel 2013

En eindelik is dit tyd vir ons jaarlikse Kersspel ...
Page1_0
Vanjaar soos julle in vorige blogs gesien het, was ons ouers baie betrokke by die voorbereiding.  Hulle het net so hard gehelp met die opstel van die stel voor ons begin het.
Page1
Ons kinders het behoorlik geskitter vanaf die eerste liedjie wat hulle gesing het ...
Page2

Van ons heel klein engeltjies, Vader Abraham tot die danse van ons tieners ...


Page3

Die klein kamele was regtig 'n groot gunsteling by die toeskouers :-)

Page4

Was so lekker om soveel van ons ouers en kinders deel van die Kersspel te he.  

Mag ons vanjaar onthou waroor Kersfees regtig gaan.

Saturday, November 23, 2013

Aanloop tot die Kersspel

Die Kersspel is om die draai en daar word hard gewerk om alles reg te kry.
Page1
Die skapies en donkies wat ons kinders gemaak het, word bietjie afgerond vir hulle groot rolle tydens die spel.

DSC_0019
Kyk net ons vriendelike skapies :-).

Page2
Die stelle word gebou en inmekaar gesit.

Page4
En nou begin die verfwerk.  Ons mamma's is baie oulik.

DSC_0032

Kyk net hoe oulik lyk dit nou.
DSC_0038
Ons winkel is ook klaar.  Een van ons mamma's Cecile het hard gewerk om al die advertensies te maak.

Page1

Vir die eerste keer hou ons ook 'n kleedrepetisie en alhoewel dit voel soos chaos, is almal daar en reg vir volgende week.



Wednesday, November 20, 2013

Een week voor ons Kersspel


Daar is een week oor voor ons Kersspel en vanaand gaan daar hard geoefen word.
DSC_0040

Die liedjies wat ons gaan sing word hard geoefen.
DSC_0047

Die laaste afronding en instruksies word gegee.

Page1
Ons tieners kry ook nog kans om hulle dansies te oefen.

Saterdag is ons kleedrepetisie en dan is dit 'n paar daggies voor die Kersspel.  Hoop dat al ons maats en ouers daar gaan wees.



Thursday, December 16, 2010

‘n Partytjie vir Jesus

Ons laaste lessie vir die jaar 2010 is 'n Partytjie vir Jesus!

Page1

Almal luister aandagtig na Elriza se boodskap.

Page2

Daar word ballonne met boodskappe in "gebreuk" om versies te bou en allerhande maniere word gebruik om die ballonne stukkend te kry.

Page3

Partytjie tyd was een groot lawaai.

Page4

Ons kry almal geskenkies

Page5

en lekker eetgoed om te eet!

Geseende Kersfees vir almal, sien julle volgende jaar!

Sunday, December 13, 2009

Ons Kersboodskap

Hierdie week was dit weer skoolvakansie vir ons kinders maar 'n mooi klompie het opgedaag vir ons Kersles

Page1

Ons open met sang soos gewoonlik.

DSC_0015

Wat is die grootste geskenk wat ouers 'n baba by hulle geboorte gee? Jou naam! Dit sou nie lekker wees as almal ons "jy" of "die een met die rooi klere" genoem het nie.

DSC_0018

Elkeen van ons se naam beteken ook iets. Ons het elke kind se naambetekenis opgesoek en deel dit met hulle. Elkeen kry sy/haar naam op 'n plakkertjie.

DSC_0025

Ons lees in Jesaja 9:5 van vier name wat die profeet Jesaja die kind beskryf het wat gebore sou word. "Vir ons is 'n Seun gebore, Aan ons is 'n Seun gegee, Hy sal heers en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors".

DSC_0019

Tannie Charmaine verduidelik wat die name beteken en hoe Jesus die name gestand doen.

DSC_0021


DSC_0023

Vir afsluiting skryf ons elkeen 'n gebedjie op een van die kersballetjies vir ons boom.

DSC_0024

Ons hang dit dan aan ons kersboom en daarna sluit ons af met gebed. Elke maat ontvang ook 'n klein geskenkie.

Ek was ook vroeer in die dag by die Dubai bedieningspunt se kersboom. Loer bietjie hier vir hulle foto's

Wednesday, December 26, 2007

ECC - Kerssangaand

Die Internationsal Sangaand by ECC was 'n heerlike aand. Die kerk was tjok en blok vol van al die nasionaliteite wat kom deel het in die aand.

Tussen al die lande wat opgetree het, het ons almal saam ook lekker Kersliedere gesing. Hier staan 'n klomp van die Suid-Afrikaners en sing. Kyk ons het almal hempies in die vlag kleure met 'n landsvlaggie op gedra.

Ons "optrede". Ons het in Afrikaans, Engels en Zulu gesing. (Gaan loer op hierdie link http://www.tussen-die-duine.blogspot.com/2007/12/internasionale-kerssangaand.html as julle die foto's van die ander optrede ook wil sien)

Die hoogtepunt van die aand soos altyd was ons afsluit met Stille Nag. Eers het almal saam gesing en toe het elke land weer Stille Nag in sy eie moedertaal gesing.

Friday, December 21, 2007

Afr Kerk - Ons luister na die Kersstorie

Vanaand was ons weer nie baie maatjies nie, maar die wie se ouers hulle nou gereeld bring, begin die program en die liedjies goed ken.
Klein Emily het ook kindergroep toe gekom vanaand. Hier wag sy, Nicholas en Liam vir die ander maatjies.
Chane sing, "nothing too big, nothing too small"

Marcel wys hoe "big"
Emily nog 'n bietjie oorweldig met die singery, maar Nelmari help haar met die bewegings.
Kyk net hoe lekker sing en beweeg Nicholas nou saam

Liam ken nou ook al 'n paar van die bewegings
Ons luister na die storie oor die geboorte van Jesus. Nicholas is slim en vertel ons mooi watter geskenke Jesus van die wyse manne gekry het
Chane het ook baie te vertel oor die geskenkies wat kindertjies vandag kry.

Emily nie seker wat ons op haar kop gesit het nie, maar sy sal soet wees soos 'n engeltjie.
Na die storie kry ons kans om vir Pappa en Mamma 'n kerskaartjie te maak.
Vier engeltjies. Ons eet kersboom, klokkies ens koekies. Ek kan nie uitlos om die storie van Liam te vertel nie. Hy wil baie graag twee hê en Charmaine belowe sodra almal gekry het, kan hy nog kry. Maar ek dink hy's bang daar's nie genoeg nie, want toe sy haar kop wegdraai vat hy een en gee dit 'n hap .... en sit dit ewe terug in die houer .... nou sal niemand dit wil hê nie en hy sal twee kry. Baie slim Liam! (Ons geniet so die kleingoed se sêgoed en vindingryk wees)