Showing posts with label lesse. Show all posts
Showing posts with label lesse. Show all posts

Friday, October 3, 2008

God roep ook klein kindertjies

Die tannies kom vanaand laat toe die afdraai anders lyk en al die ander paaie 'n detour maak ... maar die kindertjies wag geduldig. Dankie vir Nicholas en Liam se mamma wat hulle solank opgepas het terwyl ons nog nie daar was nie, ons waardeer!! Ons het nie so baie tyd nie, maar die maats begin die liedjies nou mooi onder die knie kry en sing lekker saam. Ons kleintjies is regtig die voordansers en hulle ken die woorde so mooi!


Kyk net hoe mooi word hierdie liedjie afgeeindig .... Ons praat vanaand oor God wat ook die klein kindertjies roep om te luister. Die maats versier hulle foto raampie met geel (goud) verf en mamma kry huiswerk want sy moet hulle foto'tjie binne-in plak. Ojns storie vanaand gaan oor Samuel wat saam met die priester Eli in die tempel gebly het en hoe God hom geroep het om vir Eli 'n boodskap te gee. Nadat ons baie mooi na die storie geluister het, maak ons 'n mannetjie (klein kindertjie) vir ons aktiwitiet. Eers smeer ons kaassmeer in 'n papierbordjie. Hier werk die dogtertjies hard. Dan word groente gebruik om die kop, lyfie, hande en voete op die kaassmeer vas te plak. Kyk hoe mooi lyk Liam en Nicholas se mannetjie. Saskia plak nog. Nicholas is baie lief vir arms en bene (wortels) en hy geniet al die ledemate wat oorbly. Kyk hoe mooi lyk my mannetjie en ek het alles self gedoen se Liam. Die groter kinders waarvan daar ongelukkig net 3 is vanaand doen hulle laaste lessie van die Tabernakel. Dis so 'n jammerte en verlies vir die kinders wat net hier en daar 'n les gedoen het. Daar is kosbare goed geleer waarop hulle uitgemis het. Hier gaan tannie Charmaine weer deur al die dele van die Tabernakel. Ons hoor van : ....
1 'n Gordynvoorhangsel tussen die Heilige en Allerheiligste
2 Die verbondsark en sy inhoud
3 Jesus, die hoepriester wat Homself geoffer het
4 God was spesiaal teenwoordig in die Allerheiligste, by die ark Die tabernarkel en tempel was tydelike plekke waar Hy teenwoordig was. Hy kies om teenwoordig te wees in die lewens van Sy kinders, ek en jy. As jy dus in Jesus glo, bly God deur Sy Heilige Gees in jou.
1 Kor 3:16 "Weet julle nie dat julle die tempel van God is en dat die Gees van God in julle woon nie? Die tempel van God is heilig, en die tempel is julle."
Die kleintjies wag vir pappa en mamma by die groot diens.
Met die groot kinders wat hulle eerste boekie Die Tabernarkel klaargemaak het, gaan ons volgende week 'n "piekniek" hou, ouers hou die blog dop.

Sunday, September 28, 2008

Die Tarbernakel en Koning Dawid

Ons maats het vanaand so lekker gesing en dans aan ou en nuwe liedjies. Die Verkleurmannetjies en vanaand die storie gehoor hoe Dawid as koning gesalf is. Ons liedjie was "Ek weet dat Jesus my liefhet" en hulle het die woorde met hartjies versier. Daarna het ons legkaarte gemaak van gesigte uit die stories wat ons eers moes inkleur. Hier werk hulle baie hard aan hulle prentjie. Ons bou 'n legkaart waarvan daar een stukkie weg is en hoor dat elke stukkie van 'n prentjie belangrik is anders kan ons nie die prentjie sien nie. So is ons ook belangrik en spesiaal in God se prentjie. CJ sit die laaste stukkie in om die prentjie te voltooi. Ons lessie is dat oor die Salwing van Dawid as koning. Hier is die gesigte van Dawid, sy broers, Samuel en Isai wat Nelmari voor die tyd vir ons gemaak het. Ons kyk na Koning Dawid se kroon en omdat ons vir God ook baie spesiaal is, maak ons elkeen vir ons 'n eie kroon sodat ons kan onthou dat ons vir Hom spesiaal is en dat ons God baie lief het. Die groter kinders het hulle voorlaaste lessie van die Tabernarkel gehad en vanaand het hulle gepraat oor wat alles in die Heiligste was... Saam met die Manorah en die tafel met die toonbrode, was die wierook altaar, met goud oorgetrek, een meter hoog en half meter breed, vier horing, een of elke hoek. Die Hoe priester het elke oggend en elke aand wierook daar gaan brand. Die resep was 'n geheime een wat NET vir God gebruik is. Hier brand hulle wierook en Marcelle help so 'n bietjie met die blaas.Wierook is soos 'n gebed - Dawid bid in Psalm 141:2 dat sy gebed soos wierook voor God moet wees en in Open 5:8 lees ons dat die 24 ouderlinge voor die Troon van die Lam staan wanneer Hy die Boek van die Lewe oopmaak met goue bakke met wierook wat die gebede van die gelowiges bevat. Hulle speel 'n speletjie waar hulle 'n versie moet ontrafel en Daleen sit haar woord neer.Soos die Hoe priester twee keer 'n dag die wierook moes brand, moet ons soggens en saans met God praat en onthou dat ons gebede soos 'n aangename geur voor God is. Die manne sien dat hulle moet verander aan hulle poging en eintlik met 3 van hulle voor die bord, ontrafel hulle die versie Heb 13:15 "Bring aan God 'n offer van lof"

Friday, August 22, 2008

Die derde dag van die Skepping

Vanaand het ons heelwat meer maats wat terug is van vakansie en ook drie nuwes. Die dogtertjies het al drie pienk aangehad vanaand. Op die regterkant het ons vir Nika Cloete wat vanaand vir die eerste keer by ons was, saam met Role en Chane. Die singery is nog nie op volspoed nie maar klein Liam sing vanaand sy hart uit en met al die liedjies wys en sing hy die hardste. Nog drie nuwe maatjies is die tweeling Sulika en Wessels en boetie Kenpton Ludik. Ek is seker dat hulle volgende week hard saam gaan sing. Hier sing almal Stapsoldaatjie. Ons is nog besig met die oorbruggingsprogram totdat die skole amptelik begin, dus kyk ons vanaand weer na 'n Bybelstorie DVD. Almal luister baie mooi. Ook tydens die oorbruggingsprogram is ons besig met Die Skepping as 'n handwerkprojek. Vanaand is dit dag drie. Die kleintjies verf die see terwyl die ouer kinders met sponsies die lug druk. Nadat ons die storie van die Skepping uit die Bybel gehoor het, plak Rico en Marchelle vir ons die gras. Kyk net hoe hard konsentreer Rico. Chane en Role smeer gom aan die boom wat die vrugteboom gaan uitbeeld. Saam met tannie Charmaine plak Nika die boom op die plakkaat. Kenpton plak blare en vrugte in die boom. Klein Sulika kry ook kansie om blare en vrugte op die takke te plak. Kyk daar het ek my blare en vrugte geplak wys Wessels. Klein Liam doen ook sy deel om die plakkaat klaar te maak en hy wys vir my mooi waar sy vrugte is. Nicholas is die laaste een om aan die boom te werk. Nou het ons drie prente klaar en binnekort wys ek die eindproduk vir julle.

Saturday, June 28, 2008

God kyk altyd uit vir ons

Ons laaste groepie voordat ons breuk vir Julie en meeste van ons kinders iewers in Suid-Afrika vakansie hou. Ons sing al ons gunsteling liedjies en hierdie een "Before I Go" is Marcelle s'n. Wonder God is 'n groot gunsteling! Hier is tannie Charmaine en Elriza besig met die "Surfing" liedjie. Dis die eerste twee wat die dansie reg kry vanjaar! Ons kyk daarna 'n DVD storie oor God ons Herder en dan maak ons 'n plakkaat van skapies (ons) wat na die Goeie Herder (God) toe gaan. Hier trek Elriza die vingers wat die skapies gaan word. Dan plak ons watte om die skapies te maak en teken gesiggies. Niks verlore skapies nie, almal is oppad na die Goeie Herder toe!
Sien almal wat terug is van die vakansie weer Vrydagaand 1 Augustus en die outjies wat nie weggaan nie, sien julle Vrydagaand in die kerkdiens!

Saturday, June 21, 2008

God is nr 1

Ons kan sien die skole is op vakansie en die dorp is besig om leeg te loop ... Vrydagaand was daar slegs kinders vir twee groepies. Getalle maak nie saak nie, hier is van hulle besig met lofsang! Ons sing Glory and Honor ... Die meisies werk saam met tannie Charmaine aan hulle les, terwyl ek die jong tieners neem. Hulle luister mooi terwyl sy vertel. Hulle maak mooi sertifikate wat se God is nr 1 in my lewe. Luandi s'n is klaar en baie mooi.

(Dankie vir die neem van die foto's vanaand Nelmari)