Friday, August 22, 2008

Die derde dag van die Skepping

Vanaand het ons heelwat meer maats wat terug is van vakansie en ook drie nuwes. Die dogtertjies het al drie pienk aangehad vanaand. Op die regterkant het ons vir Nika Cloete wat vanaand vir die eerste keer by ons was, saam met Role en Chane. Die singery is nog nie op volspoed nie maar klein Liam sing vanaand sy hart uit en met al die liedjies wys en sing hy die hardste. Nog drie nuwe maatjies is die tweeling Sulika en Wessels en boetie Kenpton Ludik. Ek is seker dat hulle volgende week hard saam gaan sing. Hier sing almal Stapsoldaatjie. Ons is nog besig met die oorbruggingsprogram totdat die skole amptelik begin, dus kyk ons vanaand weer na 'n Bybelstorie DVD. Almal luister baie mooi. Ook tydens die oorbruggingsprogram is ons besig met Die Skepping as 'n handwerkprojek. Vanaand is dit dag drie. Die kleintjies verf die see terwyl die ouer kinders met sponsies die lug druk. Nadat ons die storie van die Skepping uit die Bybel gehoor het, plak Rico en Marchelle vir ons die gras. Kyk net hoe hard konsentreer Rico. Chane en Role smeer gom aan die boom wat die vrugteboom gaan uitbeeld. Saam met tannie Charmaine plak Nika die boom op die plakkaat. Kenpton plak blare en vrugte in die boom. Klein Sulika kry ook kansie om blare en vrugte op die takke te plak. Kyk daar het ek my blare en vrugte geplak wys Wessels. Klein Liam doen ook sy deel om die plakkaat klaar te maak en hy wys vir my mooi waar sy vrugte is. Nicholas is die laaste een om aan die boom te werk. Nou het ons drie prente klaar en binnekort wys ek die eindproduk vir julle.

No comments: