Sunday, August 17, 2008

Die GROOT beplanning begin!!!

Meeste van julle weet dat die skole binnekort begin, en dit beteken ook die begin van ons Kindergroepe. Gister het ons en van die Al Ain se groepleiers bymekaar gekom om te gesels oor die nuwe boekies wat ons vanjaar gaan gebruik. Ouens ons is vreeslik opgewonde daaroor ... gaan julle nog vertel en wys!!! Natuurlik moes ons ook van die nuwe en ou musiek aan hulle bekendstel en dan kan ons ernstig weggevoer raak. Hier sing die groepie saam. Ons sluit ook af met die liedjie Glory and Honor. V.l.n.r. Elize en Jaco, Paul en Retha, Greg en Vicky en Charmaine en Nelmari.



Luister net hoe mooi sing die groepleiers .... Die klomp lyk baie opgewonde oor die nuwe jaar en selfs met die rugby aan (ek weet nie of Greg moedeloos lyk oor die Bokke se spel of die twee wat agter hom volstoom aan die beplan is nie), word daar kliphard beplan!! Julle moet weer kom loer want die boeke vir al twee ons groepe is splinternuut en vol verrassings!!

No comments: