Friday, August 15, 2008

Ons werk aan die Skepping

Vanaand was die slegs "kleuter seuntjies" aand en ek hoop die ander kom wel volgende week by. Maar wat ons gekort het in getalle, het die manne opgemaak in woeligheid en daar is baie vrolik gedans en sing.

Liam se pappa en mamma ... die mannetjie het vanaand baie lekker en baie hard saamgesing en gedans. Nicholas wys wat Dawid met die reus gedoen het terwyl hulle "Toe tel Dawid vyf klippies op" sing. Dan sing ons Carry the Light en die manne wys mooi saam. Vir storie tyd kyk ons na 'n storie van Dawid en hoe hy nie kwaad met kwaad vergeld het nie. Nicholas verduidelik dat dit vir hom baie moeilik is om nie terug te stamp as sy boetie hom stap nie :-). Ons het nog 'n nuwe maatjie CJ en hy sit saam met mamma Santie ook en kyk. Dan is dit tyd vir deel 2 van ons handwerkprojek en vandag hoor ons wat God op Dag 2 gemaak het en hoe hy die see en die hemel geskei het. Hierdie twee manne werk hard om die eerste brander op te plak. Sou dit 'n geval wees van vele hande ligte werk ...? Die branders is klaar en nou word die hemel aangepak. Kyk net hoe mooi lyk die prentjie al --- vir die eindproduk sal julle moet wag! Vir eetgoed kry ons vanaand lekker sagte "wolkies" (spookasem). Hier is ons nuwe maatjie CJ. Liam eet ook sy wolkies. Sal dit nie lekker wees as al die maats volgende week by die groep kan wees nie?!

No comments: