Showing posts with label Afr groep. Show all posts
Showing posts with label Afr groep. Show all posts

Wednesday, May 19, 2010

Ons moet sigbaar word vir ander

Dis lekker om weer almal bymekaar te wees en ons sing lekker saam.

Page3

Daarna doen ons ook 'n lofprysdans saam met Elriza en almal geniet dit verskriklik baie.

Page4

Saam met Blink Ben leer ons van 'n motor se binnekant en hoekom 'n motor padwaardig moet wees. Ons het ook soos hy petrol nodig (elke dag te bid en met God te praat), ons moet ook 'n veiligheidsgordel dra om ons te beskerm in die motor (God beskerm ons orals), soos Ben is ons nommerplaat ook uniek en wys hoe spesiaal ons gemaak is.

Page5

Ons maak vir ons verkeersligte van koekies en m&m's en versiersuiker en eet lekker daaraan.

Page1

Ons blink ID maats doen "Ek is vrug" en dis om ons bewus te maak daarvan dat ons die vrugte van die Gees moet uitleef.

Page2

Die vrugte van die gees is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.

DSC_0018

Hoe meer ons die Heilige Gees toelaat om ons te vul, hoe duideliker sal Sy vrug in ons lewens sigbaar word vir ander om te sien.

DSC_0020

Die tieners besig om hulle onderwerpe te bespreek.

Sunday, January 3, 2010

Begin van 2010

Met heelwat mense weg oor nuwe jaar was ek verras oor die klompie kinders wat wel groep bygewoon het.

DSC_0003

Groot en klein en oud en jonk het lekker saamgesing. Klein David was ons jongste maatjie vanaand en hy het die musiek sommer baie geniet.

DSC_0007

Daarna het ons 'n dvd gekyk oor Simson en geleer dat ons krag nie van hare of enigiets afkom nie, maar van God af.

Volgende week begin ons weer met ons lessies.

Sunday, November 22, 2009

Ons moet Jesus aanneem en 'n blink nuwe ID aantrek

Lofprysing kom vanuit die hart en ons doen dit vir ons God wat in ons woon,

Page1

vir wie ons dankie wil se vir alles wat Hy vir ons doen. Hierdie klomp klein dogtertjies geniet dit terdee.

Page3

Ons groei goggas hoor die boodskap van die jongman wat alles gehad het wat geld kan koop. Hy wou egter ook die ewige lewe he, maar toe hy hoor mens kan dit nie koop nie, het hy omgedraai. Geld, maats, familie en om kerk toe te gaan, gaan nie vir ons die ewige lewe gee nie - ons moet Jesus as ons Verlosser aanneem en Hy moet in ons hartjie kom bly.

Page2

Ons ouer maats kyk na die ruspe wat in 'n kokon toegespin is en dan sy ou ID (ruspe) vir 'n splintenuwe een (skoenlapper) verruil. Ons gesels oor ons ou ID (vol sonde) en hoe om dit in te ruil vir 'n nuwe een (Deur te glo in God se Seun, Jesus). Ons versie is in 2 Kor 3:18

Monday, October 19, 2009

Hoe sien ander ons

Dit raak nou vroeer donker soos julle op die foto's van die vensters kan sien, maar 'n mooi klompie van ons maats se ouers bring hulle groep toe. Page1

Ons praat bietjie ook oor hoekom ons "worship". God gaan ons nie smeek om vir Hom te "lofprys" nie.

Page2

Om die waarheid te verwag Hy van ons sekere "vereistes" om 'n "worshipper" van Hom te wees. Een die belangrikstge een is om 'n verhouding met God te he.

Page4

Ons groei-goggas praat eers in opvolg tot verlede week se Skepping oor sonde en hoe dit ons van God skei en ons ongehoorsaam maak. Dan praat ons oor Jona in die Vis en klein Nicholas "bied" die deel van die les aan deur vir ons die storie te vertel. Ons maak ook prentjies van Jona en die vis.

Page3

Die ander groep kyk in God se Woord as spieel om te sien hoe hulle lewens werklik lyk. Daar word ook in hulle paspoort gewerk en hulle ontsyfer 'n kodeboodskap dmw van die Bybel en verskillende versies.

Die tieners vergader vanaand agter "geslote" deure waar hulle 'n Nooma dvd kyk en gesels oor "Tyd" - geen geleentheid vir foto's nie (en ek's seker hulle is bly)

Monday, October 12, 2009

Ons het 'n wonderlike God

'n Mooi klompie van ons maats se ouers bring hulle vanaand groep toe.

Page2

Ons is lief vir Jesus en Hy's lief vir ons en ons wil Hom loof deur sang! Dankie tog dat daar nie 'n ouderdomsbeperking aan lofprysing is nie!!

Page4

Ons groei-goggas doen vanaand "Ons wonderlike God!" Ons luister ook weer na die Skeppingsverhaal en hoe God alles gemaak het. Dan maak ons elkeen 'n bewertjie vir ons kamer. Juan het vanaand saam met die jonger kinders gekuier en hy vlieg terug SA toe. Dankie vir al jou hulp by ons kinders Juan - ons glo dat alles terug in SA vir jou goed sal gaan! Ons gaan jou op die kamp mis en jy moet weer vir ons kom kuier.

Page5

Hier is van die maats nog besig terwyl van die ander se bewertjies klaar is.

Page3

Ons ouer kinders doen "My naam in Sy handpalms" en ons begin met 'n speletjie waar ons mekaar moet identifiseer. Dis nie altyd maklik om iemand se naam te onthou as jy dit skielik moet se nie, maar dis wonderlik om te weet God kan ons tussen 'n skare mense uitken. In Jesaja 43:1 se Hy: "Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne". Daarna werk hulle in hul paspoort en maak hulle unieke vingerafdruk daarin.

19

Die tieners span vanaand bietjie die rekenaar in om hulle les te doen.

Sunday, October 4, 2009

Ons ALMAL kuier weer saam

Die afgelope naweek was daar weer 'n gesamentlike kerkdiens vir die gemeente in die UAE en terwyl die grootmense en ouer kinders die groot diens bygewoon het, het ons jonger maats ons eie kerk gehad.

Page1_1

Ons het so lekker saamgesing en ons jonger maatjies het soos gewoonlik net so hard saamgesing en beweeg.

Page2_1

Vandag het 'n paar van ons groter maats ook kom saam kuier en dit was baie lekker. Lyk nie of hulle die bewegings heeltemal onder die knie het nie.

Page3_0

Oom Leon van Abu Dhabi het ook saam met ons die Camel lied kom sing en van die nuwe maats het ook gou-gou saamgesing. Kyk net hoe mooi beweeg die senior seuns met Jabulani.

Page5_0

Dan dit waarvoor al die maatjies gewag het .... ons superhero's Flatman & Bobbin met nog 'n storie. Vandag gaan dit oor die donut-dief wat hulle 'n tyd terug gevang het. 'n Beriggie in die koerant het vertel dat die dief weens goeie gedrag vroeg uit die tronk ontslaan is, en Bobbin kon dit nie verstaan nie. Sy wou hom net weer gaan vang en in die tronk sit.

Page4_0

Flatman het mooi verduidelik dat mens kan van sleg na goed verander as God ons vergewe en dat mens ander 'n kans moet gee en nie al die slegte goed teen hulle hou nie. Die maatjies het baie mooi geluister en daarna baie vrae gevra.

Page6

Van die maatjies het ook 'n kans gevat om vir die twee superhelde drukkies, high-5's, koppe vryf en hulle hande te skud. Ons maats is besig om 'n mooi verhouding met die twee op te bou en luister wat hulle se.

Page7

Die storie het vertel van die donut-dief en daarom het ons ook lekker donuts gekry om te eet - en het die maats geeet. Kyk net bietjie na die gesiggies.

Page8

Die man bo-regs was bietjie ongelukkig omdat hy nie 'n blou donut kon kry nie - maar het later opgemaak daarvoor deur 2 sjokolade donuts te eet :-).

Page9

Ons sluit af met 'n samevat oor ons lessie van die dag. Terwyl ons vir die ouers wag, teken ons ook bietjie.

Volgende week het ons almal weer kindergroep by ons onderskeie bedieningspunte, en ons hoop om AL ons maats te sien. Flatman & Bobbin kom weer vir ons kuier later die maand!

Tuesday, September 29, 2009

Ons is nie net ‘n nommer nie

Met die meeste vakansiedae nou agter die rug het ons nog 'n bietjie van ons maats bygekry. Die kleintjies wat vorige weke in volle sterkte daar was, was hierdie week nie daar nie.

DSC_0014

Ons het lekker gesing, selfs die "nuwe" tieners.

DSC_0020

Ons groei-goggas het hierdie week "Ons gaan winkel toe!" gedoen. Nadat ons weer deur ons liedjie gegaan het, het elke maat kans gekry om sy/haar mandjies te maak vir die inkopies.

DSC_0024

Is dit nie mooi nie? Toe is dit tyd om "winkels" toe te gaan.

DSC_0030

Ons is so bietjie vertel van die evangelie-kleure dmv lekkergoed. Die "goue" lekkertjies vertel van God en Sy Kroon, die "swart" lekkertjies die sonde, die "rooies" van Sy liefde en Sy bloed, die "wittes" van Sy kruisiging vir ons sondes, die "groenes" van ons groei as God se kinders en die "bloues" die lug/helderheid dat Hy weer kom. Gou-gou is ons mandjies vol eetgoedjies.

DSC_0028

Dan doen hulle bietjie hersiening en gebruik ons landsvlag se kleure - die goud/geel laat ons aan God doen, Swart aan sonde, Rooi aan Jesus wat vir ons gesterf het,

DSC_0029

Wit dat ons lewe skoon moet wees van sonde, groen hoe kan ons groei en Blou dat Hy weer terugkom om Sy kinders te kom haal.

DSC_0021

Met ons maats se ongereelde bywoning het ons hier in Abu Dhabi eers hierdie week afgeskop met die middelgroep se program - iewers gaan ons dit moet inwerk en ons Leer en Hoor dat ons nie net sommer 'n nommer is nie. Eers speel ons 'n speletjie om te kyk hoeveel woorde of name jy met die letters van jou eie naam kan maak. Hier is hulle ernstig besig daarmee, Daniella was die wenner.

DSC_0025

Dan praat ons oor hoe ons van mekaar verskil dmv uiterlike, innerlike en persoonlikheidsverskille. Ons praat oor hoe ons ouers ons gaan registreer het en ons 'n nr gekry het (ons identiteitsnommer) en hoeveel keer ons 'n nommer moet gebruik as ons iets wil doen.

DSC_0027

Is dit nie wonderlik dat by God ons net 'n nommer is nie! Ons werk in ons ID boekies en vir huiswerk moet ons ons ID nr en 'n paspoort foto saambring volgende keer.

DSC_0023

Hierdie week was ons 'n groter groep tieners en dit was lekker om saam te leer uit die Woord van God. Hulle het bietjie gaan kyk oor wat ons in Christus is. Ons het gesien dat ons oa oorwinnaars in Christus is, maar ook volgens die engelse bybel "royal race" - ons is koninklikes in die Koninkryk van God.

Is dit nie "great" dat daar reeds vir ons sondes betaal is nie?

As ons hieroor dink, kan ons as tieners nie anders as om in 'n lewe van oorvloed te lewe nie.

Saturday, September 19, 2009

Groei goggas begin hulle groei

Die eerste van ons lessies breek aan en die moslem feesvieringe het ook 'n effek op ons kinders se bywoning want dis maar min.

1

Maar ons vier geesdriftige klein maatjies laat hulle nie deur getalle onderkry nie en sing sommer lekker saam.

2

Dis klein Janel se eerste saamsing en hoewel sy die kat eers uit die boom kyk, beweeg sy gou-gou saam.

3

Daleen en Daniella kom al mooi reg met hierdie beweging en hulle het groot pret. 4

Adam neem ook deel.

5

Die twee Vorster boeties ken al die liedjies en bewegings mooi.

Page1

Vanaand is die inleiding vir die Groei-goggas en hulle maak naamkaartjies en tannie Sunette leer vir hulle die gogga liedjie terwyl Nelmari die insekte uitknip. (Ons benodig 'n tannie om ons te help met ons kleintjies).

Page2

Met groot pret word 'n gogga "ingekleur" met lekkergoed en die maats is lekker lus om te proe - party doen dit ook.

Page3

Daar word ook 'n storietjie vertel en almal luister baie mooi.

9

Die vier goggas is teenwoordig in hulle tuintjie.

10

Die tieners skop ook af met hulle eerste lessie. Ons vertrou dat ons maats almal volgende week weer gaan terugwees.