Showing posts with label UAE gemeente. Show all posts
Showing posts with label UAE gemeente. Show all posts

Sunday, October 4, 2009

Ons ALMAL kuier weer saam

Die afgelope naweek was daar weer 'n gesamentlike kerkdiens vir die gemeente in die UAE en terwyl die grootmense en ouer kinders die groot diens bygewoon het, het ons jonger maats ons eie kerk gehad.

Page1_1

Ons het so lekker saamgesing en ons jonger maatjies het soos gewoonlik net so hard saamgesing en beweeg.

Page2_1

Vandag het 'n paar van ons groter maats ook kom saam kuier en dit was baie lekker. Lyk nie of hulle die bewegings heeltemal onder die knie het nie.

Page3_0

Oom Leon van Abu Dhabi het ook saam met ons die Camel lied kom sing en van die nuwe maats het ook gou-gou saamgesing. Kyk net hoe mooi beweeg die senior seuns met Jabulani.

Page5_0

Dan dit waarvoor al die maatjies gewag het .... ons superhero's Flatman & Bobbin met nog 'n storie. Vandag gaan dit oor die donut-dief wat hulle 'n tyd terug gevang het. 'n Beriggie in die koerant het vertel dat die dief weens goeie gedrag vroeg uit die tronk ontslaan is, en Bobbin kon dit nie verstaan nie. Sy wou hom net weer gaan vang en in die tronk sit.

Page4_0

Flatman het mooi verduidelik dat mens kan van sleg na goed verander as God ons vergewe en dat mens ander 'n kans moet gee en nie al die slegte goed teen hulle hou nie. Die maatjies het baie mooi geluister en daarna baie vrae gevra.

Page6

Van die maatjies het ook 'n kans gevat om vir die twee superhelde drukkies, high-5's, koppe vryf en hulle hande te skud. Ons maats is besig om 'n mooi verhouding met die twee op te bou en luister wat hulle se.

Page7

Die storie het vertel van die donut-dief en daarom het ons ook lekker donuts gekry om te eet - en het die maats geeet. Kyk net bietjie na die gesiggies.

Page8

Die man bo-regs was bietjie ongelukkig omdat hy nie 'n blou donut kon kry nie - maar het later opgemaak daarvoor deur 2 sjokolade donuts te eet :-).

Page9

Ons sluit af met 'n samevat oor ons lessie van die dag. Terwyl ons vir die ouers wag, teken ons ook bietjie.

Volgende week het ons almal weer kindergroep by ons onderskeie bedieningspunte, en ons hoop om AL ons maats te sien. Flatman & Bobbin kom weer vir ons kuier later die maand!

Sunday, September 13, 2009

Ons trek saam in Dubai

Verlede Vrydag het 'n klomp mense van die verskillende bedieningspunte bymekaar gekom vir 'n dag van Verootmoediging, UAE draai terug na God saam met ds Elsa Meyer van die Moreleta Park gemeente. Dit was 'n hele dag byeenkoms wat begin is met 'n gesamentlike diens. Alhoewel baie pappas en mammas alleen vir die dag gekom het, was daar wel 'n klomp van ons kleiner maats wat saamgekom het vir die diens en natuurlik om na Flatman en Bobbin te luister.


Page2

Maar eers het ons bietjie gesing. Ons kleiner maats kry nie altyd die geleentheid om saam te sing soos die groottes op oa die kamp nie. Daar is bekende liedjies soos Stapsoldaatjie, Lees jou Bybel en Dawid gesing en daarna 'n bietjie nuwer liedjies. Weet nie of dit te vroeg was nie, maar die maats het maar stadig aan die gang gekom.


Page3Page4

Flatman en Bobbin het vir ons vertel hoe mens mekaar en ander moet aanmoedig en ondersteun en die maatjies het begin ontdooi. Kyk net bietjie na ons maats se gesiggies terwyl hulle mooi luister wat die twee poppe vertel. Die poppe het ook vir ons 'n liedjie geleer en ons het lekker saamgesing.


Page5

Soos vorige kere het ons maats baie vir Flatman en Bobbin te se gehad en daar is hande geskud en drukkies uitgedeel. Klein Lutke het hulle mooi vertel hulle is sy maatjies en elkeen 'n kopvryfie gegee.

Page6

Page7

Met 'n lokaal waar die ysie nie te lekker gewerk het nie, neem ons eers 'n breuk met om ietsie te eet en te drink na ons Poppekas.

Page8Page9

Dan probeer ons weer sing en hierdie keer is daar baie meer lewe onder die klompie en daar word lekkerrrrrr gesing.

.Page10

En 'n mens is nooit te jonk om saam te sing en dans nie ....

Page11

Baie ekstra tyd vanwee die grootmense diens wat lank vat en ons speel speletjies om besig te bly. Een van die maatjies was baie ongelukkig toe sy ma hom kom haal terwyl ons besig is om "paas-eier" (hy't bietjie vergeet van vrot eier of paaseier klink net beter) te speel.

h2

Hierdie twee poplappe het nie kans gesien vir die rondhardloop in 'n groep nie en vat gou 'n breuk van hulle eie hardloop speletjie.

h1

Die klein man het stroopsoet alleen sonder mamma en pappa saamgekuier en uiteindelik moeg in die waterboks geval en sommer so gebly sit.


Dankie aan al die maatjies vir die kom en vir Flatman en Bobbin vir die les. As alles goed gaan, sien ons julle weer 12 Oktober met 'n nuwe storie.

Monday, August 24, 2009

Poppekas - Reddingsboodskap in Sharjah

Vrydag was dit Flatman en Bobbin se eerste "optrede" in die land van sand, by die Sharjah bedieningspunt. Al is van ons maats nog met skoolvakansie, was die paar wat daar was vol geesdrif. Ons het begin deur 'n paar liedjies te sing. Flatman en Bobbin het 'n blaadjie iewers opgetel en was baie gretig om die inhoud daarvan met ons maats te deel. Omdat hulle nog met ons anders maats in die Emirate gaan kuier wil ek nie nou teveel vertel nie, maar weet net dat die maatjies met groot ogies en oop ore geluister het! Na die wonderlike boodskap van ons helde, het die maats kans gekry om bietjie te vertel wat hulle gedurende die ampertjies 3 maande skoolvakansie gedoen het. Hulle het vir ons prentjies daarvan geteken. En tannie Rensia het ook vir hulle 'n storie van nog 'n held vertel. Van die maats het toe ook kom vertel. Kyk net daai mooi stokkie-kameelperd wat Waleed geteken het.
Dankie dat ons by julle kon kuier Sharjah, ons kom gou weer! Hierdie Vrydag moet ons maats in Dubai en Abu Dhabi kom luister en Sondagaand kuier ons in Al Ain.