Showing posts with label Abu Dhabi. Show all posts
Showing posts with label Abu Dhabi. Show all posts

Sunday, May 16, 2010

Dankie en totsiens

Hierdie naweek was ons uitgenooi na die ECC se dankie en totsiens ete. Vir 'n hele klompie jare maak ons op Maandagaande kosteloos van hulle fasiliteite gebruik en al woon ons nie die ECC kerkdienste by nie, het hulle en spesifiek die jeugdirekteur Janie ons wonderlik ondersteun.

DSC_0028

Die jaarlikse funksie is by 'n plaaslike hotel gehou en almal wat iets vir die jeug doen was uitgenooi.

DSC_0025

Daar was 'n heerlike buffet en almal het lekker gesels en gekuier terwyl daar ingeskep word.

DSC_0029

Heleen van wie ek net altyd 'n foto moet neem met haar kos :-).

DSC_0033

Na 9 jaar gaan Janie nou weg as sendeling in Senekal (Africa) en die predikant neem afskeid van haar. Ons almal gaan haar mis want vir Janie het dit nie gegaan oor by watter kerk jy betrokke is nie, maar was sy altyd reg om te help solank dit vir ons Vader se koninkryk gaan ... sonder om vrae te vra. 'n Goeie voorbeeld van hoe dit moet wees en hoe dit oor die groot prentjie gaan.

Dankie aan ons Maandagaand groep se ouers vir die donasies vir Janie se nuwe bediening - ons en sy waardeer dit baie.

DSC_0037

Aan die leiers van die Maandagaand groep 'n groot dankie van my af. Charmaine vir al jou harde werk en toewyding en dat jy net altyd daar is vir enigiets wat ons wil doen of beplan. Dankie dat jy my visie vir die groep deel en dat jy net soos ek opgewonde kan raak as ons 'n nuwe studie, musiek of planne maak. Heleen wat sal ons sonder jou vrolike laggies doen. Dankie dat jy ook soveel jaar al deel is van hierdie groepie en dat jy met soveel geesdrif jou lessies elke week voorberei. Jou kinders is baie lief vir jou - jy weet hulle sal groot word en tieners word ne :-). Elriza wat nou net by ons aangesluit het en sommer dadelik 'n klomp tieners bymekaargekry het. Dankie dat jy so mooi luister na ons Pappa en dat jy jouself gee sodat Hy Sy planne vir ons jongmense hier in Abu Dhabi kan begin. Soos ek al vir jou gese het .... hier is 'n behoefte en 'n nood en ..... hou hierdie spasie dop mense .....:-)

Saturday, September 19, 2009

Groei goggas begin hulle groei

Die eerste van ons lessies breek aan en die moslem feesvieringe het ook 'n effek op ons kinders se bywoning want dis maar min.

1

Maar ons vier geesdriftige klein maatjies laat hulle nie deur getalle onderkry nie en sing sommer lekker saam.

2

Dis klein Janel se eerste saamsing en hoewel sy die kat eers uit die boom kyk, beweeg sy gou-gou saam.

3

Daleen en Daniella kom al mooi reg met hierdie beweging en hulle het groot pret. 4

Adam neem ook deel.

5

Die twee Vorster boeties ken al die liedjies en bewegings mooi.

Page1

Vanaand is die inleiding vir die Groei-goggas en hulle maak naamkaartjies en tannie Sunette leer vir hulle die gogga liedjie terwyl Nelmari die insekte uitknip. (Ons benodig 'n tannie om ons te help met ons kleintjies).

Page2

Met groot pret word 'n gogga "ingekleur" met lekkergoed en die maats is lekker lus om te proe - party doen dit ook.

Page3

Daar word ook 'n storietjie vertel en almal luister baie mooi.

9

Die vier goggas is teenwoordig in hulle tuintjie.

10

Die tieners skop ook af met hulle eerste lessie. Ons vertrou dat ons maats almal volgende week weer gaan terugwees.

Monday, August 31, 2009

Die boodskap in Abu Dhabi

Dit was so lekker om die kindergesiggies weer na die vakansie te sien! Ons groter maats het nog duidelik vakansie gehou, maar ons kleintjies was daar en ek sien 'n mooi sterk groep van hulle vanjaar. Van ons bekende liedjies is gesing en van ons "ou" manne, Liam en Nicholas se gunstelinge. Ons klein seuntjies almal besig om te sing, heel links Dawid en regs het ons vir Liam, Nicholas, Lutke en Christiaan. Dan luister ons na Flatman en Bobbin en hulle boodskap. Soos ek in die vorige blog vertel het, het die twee mos 'n blaadjie opgetel. Daarin lees hulle ook dat almal van ons gesondig het en dat die loon van die sonde die dood is. Baie benoud besef hulle dat hulle eintlik van super hero's na super zero's verander het. Maar daar is hoop ..... (lees verder in volgende blog)! Die maatjies vra mooi vragies terwyl Dawid absoluut gefasineer is met die poppe. Na die poppekas word die boodskappie weer 'n keer vir die maats verduidelik en ons praat almal bietjie daaroor. Dan is dit tyd vir bietjie kuier saam met die maats en ietsie eet, terwyl ons nuwe groepleier, Hermien bietjie met Jean ook 'n groepleier gesels. Hermien gaan vanjaar ons tieners vat en ons beplan groot dinge vir julle!!! 'n KLein begin vir die jaar maar in vergelyking met verlede jaar 'n GROOT begin. Ons sien uit na 'n jaar propvol van nuwe lessies, aktiwiteite, uitstappies en kamp!

Thursday, February 5, 2009

Tania en Werner besoek Abu Dhabi se kinders (3)

Na die rondryery tussen Abu Dhabi - Dubai - Sharjah - is ons terug in Abu Dhabi om by hulle kinders te kuier. Die maats sing baie lekker saam. Professor Romanikus kuier ook hier saam met ons en vertel van die ontstaan van die Romeinse Ryk. Hy vertel ook van 'n generaal in sy weermag Marius wat die leer opgelei het in wapenhantering. Tannie Tania vertel ons ook van die twee koninkryke en hoe Josef en sy verloofde Maria moes teruggaan Betlehem om getel te word. God is die Koning oor die koninkryk van die lig en Satan heers oor die koninkryk van die duisternis en Satan het alles probeer om te keer dat God se plan om hom kragteloos te maak sal slaag. Selfs al het Jesus aan die kruis gesterf, het Hy weer opgestaan. Dit word gedemonstreer met die kersie wat uitgeblaas word en na 'n kort tydjie weer begin brand. Ons kry kans om 'n hersieningspeletjie te speel en tannie Tania verduidelik hoe. Professor Romanikus (oom Werner) vra die vrae en dan kry die kinders wat reg antwoord kans om te help om die soldaat uit te rus. Hier kry Daleen en Nicholas kans om die soldaat se klere aan te trek. Dankie tannie Tania en oom Werner vir die besonderse boodskap!