Thursday, February 5, 2009

Tania en Werner besoek Abu Dhabi se kinders (3)

Na die rondryery tussen Abu Dhabi - Dubai - Sharjah - is ons terug in Abu Dhabi om by hulle kinders te kuier. Die maats sing baie lekker saam. Professor Romanikus kuier ook hier saam met ons en vertel van die ontstaan van die Romeinse Ryk. Hy vertel ook van 'n generaal in sy weermag Marius wat die leer opgelei het in wapenhantering. Tannie Tania vertel ons ook van die twee koninkryke en hoe Josef en sy verloofde Maria moes teruggaan Betlehem om getel te word. God is die Koning oor die koninkryk van die lig en Satan heers oor die koninkryk van die duisternis en Satan het alles probeer om te keer dat God se plan om hom kragteloos te maak sal slaag. Selfs al het Jesus aan die kruis gesterf, het Hy weer opgestaan. Dit word gedemonstreer met die kersie wat uitgeblaas word en na 'n kort tydjie weer begin brand. Ons kry kans om 'n hersieningspeletjie te speel en tannie Tania verduidelik hoe. Professor Romanikus (oom Werner) vra die vrae en dan kry die kinders wat reg antwoord kans om te help om die soldaat uit te rus. Hier kry Daleen en Nicholas kans om die soldaat se klere aan te trek. Dankie tannie Tania en oom Werner vir die besonderse boodskap!

No comments: