Friday, February 6, 2009

Ons groepleirs hou werkswinkel - deel 1

Tania en Werner het nie net gekom om vir die kinders lessies te gee nie, maar daar is ook 'n werkswinkel aangebied vir al ons jeugleiers in die UAE en watter belewenis was dit nie. Ons begin met 'n kenmekaar speletjie waar ons 'n bol wol aangee vir almal sonder om dit te los. Elkeen wat die bol vang kry kans om te vertel waarvandaan en laat ek julle vertel dat hierdie groepie jeugleiers regtig van al die uithoeke van Suid-Afrika kom. Noem 'n plek, vanaf Pretoria tot die Kalahari en dit is verteenwoordig. En terwyl ons almal saam vashou aan die tou verduidelik Tania dat ons as 'n eenheid moet saamwerk. Daar word gevra hoekom? Die antwoorde wat deurkom is oa om ons kinders sterk te maak in die geloof, vir ons kinders te bid, 'n struktuur daar te stel, ouers ook te bereik en om die kinders met liefde en pret meer van Jesus te vertel. Die eerste sessie gaan oor voorwaarts in die geestelike geveg en ons gesels hoe om kinders voor te berei vir 'n geestelike oorlog en groepleiers se wapenuitrusting. Baie van ons kinders is in "vuil klere", geestelik blind, geestelik honger, slaaf van sonde en geskei van God. Op die ouderdom wat ons met hulle werk is dit die vrugbaarste tyd om hulle geestelik lewend te maak sodat hulle Hom ken en 'n keuse vir die Here kan maak. Daarna trek ons voorwerpe uit 'n sak en almal saam praat oor wat beteken dit om 'n tenttou te wees, 'n tentpent, kaart, appel, kers, lepel, spieel, sout ens. Die laaste voorwerp is 'n rekkie en Werner herinner ons aan 'n gesegte "Blessed are the flexible cause they won't go out of shape". Ons moet ook in die kinderbediening bereid wees om flexible te wees en aan te pas. Hulle vertel ons dat kinders 168 uur n week het waarvan hulle 70 uur slaap, 67 uur werk, speel en eet en 30 uur skoolgaan. Ons het hulle net vir 1 uur per week by die werk ... en ons moet seker maak dat ons voorbereid is vir daardie week. Ons elkeen kry 'n pragtige "boekmerk" toutjie met 'n "kindjie" aan om ons te herinner aan hoe belangrik daardie een uur per week is. Natuurlik is daar 'n breuk vir verversings en die dames het die heerlikste eetgoed gebring en almal kuier lekker en vang op met die gesels. Lang stories word uitgeruil en opgevang. Hierdie twee Abu Dhabi tannies wil nog 'n stukkie koek inkry voordat ons begin! (:-) dis gepose.) Jinne maar ons het water gedrink.

No comments: