Saturday, February 7, 2009

Ons groepleiers hou werkswinkel - deel 2

Na verversings tel ons bietjie spoed op en Tania en Werner doen met ons 'n voorbeeld les van die boekie Soldaat vir Christus. Hier hou sy die kindjie-op-die-boekmerk vas wat ons elkeen gekry het. Ons bespreking nou is Voorwaarts met 7 tot 13 jaar en die aanbiedinge word met praktiese voorbeelde en aktiwiteite vertel en ons leer baie. Werner wys ons 'n lekker speletjie hoe ons vir die ouderdomsgroep 'n skrif kan aanleer sonder dat dit vir hulle soos leer voel. Marius en Andre is die demonstrasie modelle.
Kyk net hoe geniet hulle dit! En dan is dit 'n speletjie vir die groot groep en toe moes julle ons sien.
Rensia wys haar stert. Iemand gaan dit moet vang. Sunet soek hare wat dieselfde keer as haar broek is. Miskien sal die rotvanger dit nie raaksien nie ....
En dan speel hulle. Kliek op hierdie video en hou twee leiers mooi dop .... Rensia wat haarself baie geniet en Charmaine wie se stert nie eers uitsteek nie, wat uit almal se pad probeer bly :-). Ons deel dan in groepies van 3 om 'n klein groepie aktiwiteit te doen en hier is 'n paar van die groepies.








Sien julle hoe draai die rook ..... :-0. Ons sluit af deur in die groepies vir mekaar te bid. Dan weer 'n breuk vir middagete en die twee jongstes kuier lekker met hulle Subways. Tania vat ook 'n tee breuk voor die volgende sessie. Ons volgende sessie is Voorwaarts met die evangelie in kleur en Werner se hemp en die vlag pas mooi by al die kleure waarvan hulle ons leer. Tussen deur word daar ook weer gesing.

No comments: