Sunday, February 8, 2009

Ons groepleiers hou werkswinkel - deel 3

Ons word weer kleuters met die sessie Voorwaarts met kleuters waar ons leer hoe om die lessies vir hulle interessant aan te bied. Tania en Werner doen met ons dele vanuit die boekie Verkleurmannetjie wat ons almal nou aanwerk. Kyk net hoe hard kleur hulle die voeltjies in. Selfs die manne werk saam. Hier wys allmal trots hulle voeltjies met servet-vlerkies. Dis tyd vir nog 'n bietjie sing en elke keer sing en wys die groep net beter. Daarna maak ons handsakkies sodat Tania vir ons nog 'n interessante manier kan wys hoe die kinders met die evangelie kleure werk. Lene het haar voeltjie in die handsak gesit ... reg vir shopping, ons eie Paris Hilton :-)
Update - 4 dae later is hulle klein seuntjie Jeandre gebore! Baie geluk Denis en Lene!!!
Ons "koop" lekkers in die evangelie kleure en sit dit in die handsakkies wat ons gemaak het. Elke keer hersien Tania net weer die betekenis van die kleure voordat hulle "koop". Kyk net hoe staan die manne met hulle handsakkies :-).
Dan sluit ons af met nog 'n liedjie. Duisend dankies Tania en Werner vir die aanbied van hierdie werkswinkel. Ons het sooooo baie geleer en ons sien uit daarna om alles wat ons geleer het toe te pas.

No comments: